FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Aktrise Lizelle de Klerk is verloof

Twee dae voor ons die nuwe jaar verwelkom het, het ’n nuwe hoofstuk in die Afrikaanse aktrise Lizelle de Klerk se lewe begin. Op ’n afgesonderde strand in Mosambiek het sy verloof geraak aan haar beste vriend en sielsgenoot, Duwayne Pike.

“Ek voel of ek op wolke loop,” het Lizelle opgewonde aan SARIE.com vertel. Ja, sy’t geweet hy gaan haar iewerste vra. En sy’t gehoop dit sou tydens hul vakansie in Mosambiek gebeur. Maar toe hy voor haar kniel, was sy steeds sprakeloos.

“Gewoonlik het ek altyd iets te sê. Maar toe hy my vra, het ek net geknik.”

Lizelle, wat bekend is vir haar rolle in Musiek vir die agtergrond, Donkerland, Pretville, Stuur groete aan Mannetjies Roux en Bloedbroers, het op 26 Desember saam met Duwayne en vriende na Mosambiek vertrek.

“Dit was net vir 10 dae, maar die vakansie was ongelooflik.”

Op die 30ste het Duwayne vir Lizelle gevra om saam met hom die strand White Sands naby Barrastrand in Inhambanebaai te besoek. Dit was hooggety en die paartjie moes te voet deur die water beweeg om ’n droë gedeelte te kon vind waar hulle kon sit.

Toe hulle by hul eindbestemming kom was die lug bokant in pienk en blou geverf. Lizelle moes net ’n foto neem.

FOTO Verskaf

Die foto wat Lizelle geneem het voor die groot vraag. FOTO Verskaf

“En toe ek omdraai is Duwayne gekniel voor my. Hy het dadelik begin praat: ‘Ek’s lief vir jou, jy’s myne. Sal jy met my trou?’ Ek kon nie iets sê nie en het net geknik. Toe het ek hom gesoen. En toe vra hy vir my of ek nie eers die ring wil sien nie. Ek was so opgewonde ek het skoon van die ring vergeet.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Die ring bestaan uit witgoud met ’n saffier omring deur diamante. Duwayne het ’n baie definitiewe idee gehad van hoe die ring moes lyk en dit self ontwerp.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lizelle en Duwayne se verhouding het al ’n paar draaie geloop. Die twee het op 1 November 2013 ontmoet op ’n verjaardagpartytjie. Hulle het later begin uitgaan, maar hul paadjies het ’n paar maande later geskei. En 15 maande later op 3 November 2016 het hulle weer begin uitgaan.

“Duwayne het van die eerste oomblik geweet hy gaan met my trou. Hy het absoluut vertrou dat dit sou gebeur, hy het bly glo ten spyte van als. Die Here het ’n groot rol in ons verhouding, hy het ons weer bymekaar gebring. En toe hy my vra om te trou het ons albei gehuil, want ons verhouding het verskillende draaie gevat.”

Lizelle was nog nooit so seker oor iets as oor haar verhouding met Duwayne nie.

“Ek is so lief vir hom. Hy is so goed vir my.”

Ten spyte van albei se besige program wil die paartjie in Julie trou.

“Ek wou vroeër getrou het, maar dit sou ’n bietjie moeilik wees. Ek is nie die mees georganiseerde bruid nie, maar ek en my mamma het die afgelope naweek reeds begin beplan.”

IMG-20170109-WA0006

FOTO Verskaf

Lees nou

Kate Middelton 35 jaar, 35 beste uitrustings

3 toesprake laat die wêreld gons