Mila Kunis in Gucci FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Aktrise Mila Kunis wil gewig verloor vir troue

Dit is al ’n maand sedert Mila Kunis en Ashton Kutcher se eersteling Wyatt Isabelle Kutcher gebore is, en nou begin Mila reeds oefen – dié keer om haar lyf trou-gereed te kry.

Mila en Ashton beplan glo reeds hul troue vir middel volgende jaar, en mense wat weet vertel aan Radar Online dat Mila so gou moontlik die swangerskapsgewig wil afskud vir dié groot dag.

Blykbaar doen sy joga vir vroue wat pas geboorte gegee het en sy stap. Sodra haar dokter vir haar sê sy’s reg om strawwe oefening te doen, gaan sy weer haar ou oefenroetine volg. Mila volg ook ’n baie gesonde dieet.

Dié paartjie, wat baie privaat is, gaan glo in Julie 2015 trou, sodat hulle vir eers aandag aan Wyatt kan gee.

FOTO: Instagram (@kunismilena)

FOTO: Instagram (@kunismilena)

Mila en Ashton het ook nog nie gewys hoe hul eersteling lyk nie, en foto’s van hul eersteling gaan glo ook nie in enige tydskrif verskyn nie.

Bron: Radar Online

Lees ook