rene russo cover
Het jy gehoor?

Aktrise Rene Russo – “ek ly aan bipolêre depressie”

Die aktrise Rene Russo (60) het volgens People Magazine tydens ’n TV-onderhoud openbaar dat sy aan bipolêre depressie ly.

Dit was veronderstel om ’n doodgewone TV-onderhoud te wees. Maar vir Rene Russo was haar gesprek met Queen Latifah tydens ’n opname van die Queen Latifah Show ’n oomblik van openbaring.

Queen Latifah het vir die 60-jarige aktrise, wat saam met haar Nightcrawler-medester Jake Gyllenhaal op die program verskyn het, gevra oor probleme wat sy in haar lewe moes oorkom. Dit is toe Rene met haar geheim vorendag gekom het. Sy neem medikasie vir bipolêre gemoedsteuring.

“Om op bipolêre medikasie te gaan.”

Rene het daarna verduidelik haar ma het gesê dat sy as kind afwisselend baie bedrywig of baie stil was. Sy het later in haar lewe gesukkel met bipolêre depressie.

Bron: People Magazine

Lees nog: