fireshot_capture_340_sasha_pieterse_products_brands_cars_fashion_style_and_more_coolspotters_coolspotters_com_actresses_sasha_pieterse
Het jy gehoor?

SA aktrise in Hollywood-reeks

Sy het tussen die glans en ligte “op die verhoog” in Las Vegas grootgeword, waar haar ouers in die vermaaklikheidsbedryf gewerk het voordat hulle Los Angeles toe getrek het.

Sasha is as vierjarige deur ‘n agent in Los Angeles opgeraap en sedertdien werk sy as model en aktrise. Haar eerste rol was in 2002 toe sy as sesjarige in die TV-reeks Home Affairs gespeel het. Sy het die rol van Buffy teenoor Gary Cole vertolk, waarvoor sy ‘n Young Artist-toekenning ontvang het.

Sy het ook gereeld as Amanda Strazzulla in die TV-reeks Heroes verskyn, asook in die mediese dramareeks House M.D., waarin sy die rol van ‘n terminale kankerpasiënt gespeel het.

En op die silwerdoek het sy al teenoor Taylor Lautner van Twilight-faam en George Lopez in The Adventures of Sharkboy and Lava Girl 3-D gespeel. Daar was ook Good Luck Chuck waarin sy ‘n goth-meisie gespeel het en waarin Jessica Alba te sien was.

Die eerste reeks van Pretty Little Liars (PPL kort hulle dit op die webtuiste af) het 17 November 2010 op DSTV se Vuzu-kanaal (kanaal 123) in SA begin wys. Die storie is gebaseer op die romanskrywer Sara Shepard se reeks tienerboeke Pretty Little Liars (Alloy). Dink aan Desperate Housewives se Wisteria Lane, waar alles perfek lyk, maar nie werklik is nie; Pretty Little Liars speel meestal af in “Rosewood”.

Sasha speel die rol van Alison, die leier van hul vriendegroep, wat een aand skielik verdwyn. Haar vier vriendinne, Aria, Spencer, Hanna en Emily, wat die aand wat Alison verdwyn het, daar was, het mekaar belowe dat dit nooit mag uitkom wat werklik gebeur het nie. Mettertyd begin ontvang hulle SMS-boodskappe van “A”, wat met geheime dreig waarvan net Alison weet . . .

Wanneer Sasha nie toneel speel nie, sing en dans sy en ontwerp sy graag juweliersware.

Hou dié jong ster dop!


  • Elmarie Kemp

    Mooie kind!