FOTO: Instagram / @vanessahudgens

FOTO: Instagram / @vanessahudgens

Het jy gehoor?

Aktrise Vanessa Hudgens se pa sterf

’n Dag  voor sy in Grease: Live! moes optree, het die aktrise Vanessa Hudgens gehoor haar pa, Gregory Hudgens, het sy stryd teen kanker verloor. Maar selfs ná die tragiese nuus het sy steeds die rol van Rizzo vertolk.

Sy het die slegte nuus op sosiale media gedeel:

 

FOTO: Instagram / @vanessahudgens

FOTO: Instagram / @vanessahudgens

Grease: Live! is gister regstreeks op die Amerikaanse Fox-kanaal uitgesaai. Geen tonele was vooraf verfilm nie. Vanessa het groot lof gekry vir haar vertolking en die lied “There are Worse Things I Could Do”.

Hier is die lied wat mense geroer het:

Kanker is verlede jaar by haar pa gediagnoseer. Tydens die vertoning het verskeie celebs vir Vanessa geprys oor sy steeds onder sulke omstandighede kan optree:

Lees nou