kirstie_getty_lowres
Het jy gehoor?

Aktrise vertel: “Ek en Patrick Swayze was verlief”

Kirstie Alley, veral bekend vir haar rol in Cheers, het Maandagaand (5 November 2012) vir die eerste keer gepraat oor haar liefde vir medespeler Patrick Swayze op die TV-program Entertainment Tonight. Sy en Patrick het in 1985 teenoor mekaar gespeel in die TV-minireeks North and South. Albei was op daardie stadium getroud. Kirstie het in 1997 geskei van Parker Stevenson, ook ‘n akteur en haar medespeler in dieselfde TV-drama.

Hulle het, volgens haar, nie ‘tegnies’ ‘n affair gehad nie, maar hul verliefdheid het beslis hul huwelike in gevaar gestel. Kirstie is vandag nog vriende met Patrick se weduwee, Lisa Niemi, maar sy’s onseker of Lisa ooit van hul sterk emosionele band geweet het.

In ‘n onderhoud vroeër met Barbara Walters het Kirstie erken dat John Travolta, haar medespeler in Look Who’s Talking (1989), die “grootste liefde van haar lewe” was.

WAT DINK JY?

Is ‘n sterk emosionele verhouding met ‘n derde persoon nét so ernstig soos ‘n fisiese affair? Gee jou kommentaar hieronder.

  • Lily

    Dit kan op ‘n groot ramp afstuur en niemand wil die skuldgevoel hê dat jy verantwoordelik was vir die ander party se huwelik wat ten gronde gegaan het nie, want hoe verduidelik mens so "verhouding" aan enigiemand? Niemand sal jou glo nie!

    So die beste is maar sulke situasies te vermy, ten alle koste, ek weet, want ek probeer al maande my bes!

  • Pops

    Ek sou sê dit is, en ek stem saam met Lily!! Probeer wegbly. Maar ongelukkig is dit makliker gesê as gedoen, want as daardie band eers daar is, is daar probleme. Dan kom die affair baie vinnig by. Geen affair begin by fisieke kontak nie. Dit begin by daardie emosionele band wat sterker is as enige-iets anders. Sterkte Lily, ek weet waarvan jy praat.

  • Ters

    Moenie ‘n deur met opset ooplos waar daar "dinge" kan inkom nie……! Dit het seer, seer en nogmaals seer tot gevolg! Die seer se rippeleffek reik baie verder as wat iemand net kan sien…dit raak die onskuldige party so diep, dat daardie seer baie baie moeilik kan genees, indien wel!