FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Aktrises Scarlett Johansson + Alyssa Milano se babas is hier

Die filmaktrise Scarlett Johansson én Alyssa Milano van Who’s the Boss-faam het albei die lewe aan babadogters geskenk.

Scarlett se eersteling, Rose

Dit is die eerste kind vir die 29-jarige Scarlett. Sy en die Franse joernalis Romain Dauriac (31) het verlede jaar in Augustus verloof geraak.

Hulle woordvoerder het gesê dit gaan goed met ma en baba, maar dat hulle nie vir Rose in die media-kollig wil grootmaak nie.

Scarlett en Romain tydens haar swangerskap FOTO:  E! Online

Scarlett en Romain tydens haar swangerskap
FOTO: E! Online

Die paartjie is glo nie haastig om voor die kansel te staan nie, maar beplan om in die toekoms te trou. Scarlett was voorheen vir 3 jaar met die akteur Ryan Reynolds getroud.

Alyssa se klein Elizabella Dylan Bugliari

Dié 41-jarige aktrise het haar tweede kind verwelkom. Dit is haar en haar man, die Hollywood-agent David Bugliari, se eerste dogtertjie. Hulle het reeds saam ’n 3-jarige seun, Milo.

Alyssa het ook duidelik gemaak dat sy nie gejaagd voel om dadelik die ekstra gewig af te skud nie. Sy het aan Fit Pregnancy vertel:

“’n Vrou se liggaam is nie gemaak om goed te lyk in ’n bikini nie. Dit is gemaak om geboorte te skenk en daarna vir jou baba om gemaklik saam met jou te wees … “

Alyssa net ná Milo se geboorte FOTO: Instagram  @milano_alyssa

Alyssa net ná Milo se geboorte
FOTO: Instagram @milano_alyssa

Alyssa en Milo FOTO: Instagram  @milano_alyssa

Alyssa en Milo
FOTO: Instagram @milano_alyssa

FOTO: Instagram  @milano_alyssa

FOTO: Instagram @milano_alyssa

Bronne: E! Online en Daily Mail