FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Al die details oor die geheime troue van Brad Pitt en Angelina Jolie

Uiteindelik! Na 9 jaar saam het Brad Pitt en Angelina Jolie getrou!

Die bekende paartjie het Saterdag in Frankryk afgehaak, het hul woordvoerder bevestig. Maar hoe het hulle dit so lank stil gehou?

Die seremonie was in ’n klein kapel waarby net familie en vriende was, berig NY York Post se Page Six. Dieselfde regter wat hul huwelikslisensie in Kalifornië uitgereik het, het die seremonie in Frankryk behartig.

Angie het glo na die kansel gestap met haar oudste seuns, Maddox en Pax, aan haar sy. Zahara en Vivienne het blomblare gegooi. En Shiloh en Knox het glo die ringe gedra.

Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images

Angie en Brad het in 2012 verloof geraak en sedertdien het almal uitgesien na hul troudag.

Dit is Brad se tweede huwelik. Die eerste was met Jennifer Aniston in 2000, hulle het in 2005 geskei. Angelina was voorheen getroud met die Britse akteur Jonny Lee Miller vir 3 jaar en daarna met Billy Bob Thorton, ook vir 3 jaar. Hulle is in 2003 geskei.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images