adam_wen
Het jy gehoor?

Al die Ghoema-musiekwenners 2012

Steve Hofmeyr, Die Heuwels Fantasties en Karlien van Jaarsveld het by vanjaar se Ghoemas met die gróót pryse weggestap.

Hofmeyr en Juanita du Plessis het elk ʼn Diamantprys ontvang vir uitstekende CD-verkope deur die verloop van hul loopbane. Die prys is eenmalig toegeken.

Hofmeyr het ook ʼn Ghoema ontvang vir beste manlike kunstenaar en sy nuutste album, Haloda, het die kategorie, beste kontemporêre album, gewen.

Karlien van Jaarsveld is as die beste vrouekunstenaar aangewys. Sy het die musiekvideo- en pop-album-kategorieë gewen met Jakkals trou met wolf se vrou.

Broer Bobby het liedjie van die jaar gewen met Kan ek met jou praat

Die Ghoema-toekennings word op 29 Maart om 20:00 op kykNet uitgesaai.

Twitter het behoorlik gegons, en só lyk die lys van wenners

BESTE NUWELING: ADAM
BESTE MANLIKE KUNSTENAAR: Steve Hofmeyr
BESTE VROULIKE KUNSTENAAR: Karlien van Jaarsveld
BESTE GROEP VAN DIE JAAR: Heuwels Fantasties
ALBUM VAN DIE JAAR: Heuwels Fantasties – Wilder as die Wildtuin
LIEDJIE VAN DIE JAAR: Bobby van Jaarsveld – Kan ek met jou praat
BESTE KONTEMPORERE-ALBUM: Steve Hofmeyr – Haloda
BESTE GEESTELIKE ALBUM: Juanita Du Plessis – Wees lig
BESTE HUMOR ALBUM: Sorina “Flooze” Erasmus – Ek watch jou
BESTE KINDER ALBUM: Helena Smith – Luidkids 2
BESTE ALTERNATIEWE ALBUM: Heuwels Fantasties – Wilder as die Wildtuin
BESTE ROCK ALBUM: One Crown – Verander vir ander
BESTE TRADISIONELE ALBUM: Die Penkoppe – Kan nie kla nie
BESTE INTRUMENTALE ALBUM: Charl du Plessis – Shangai Brunch
BESTE COUNTRY ALBUM: Sarah Theron – Storm in ‘n D-cup
BESTE LEWENDIGE DVD (SOLO/GROEP): Romanz – Ek sal getuig
BESTE LEWENDIGE DVD (ENSEMBLE): Verskeie – Huisgenoot Skouspel
MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR: Karlien van Jaarsveld – Jakkals trou met Wolf se vrou
LIEDJIESKRYWER VAN DIE JAAR: Johan Vorster
BESTE POP-ALBUM: Karlien van Jaarsveld – Jakkals trou met Wolf se vrou

Ghoema-musiektoekennings

Bron: www.maroelamedia.co.za

  • RITA ROSSOUW

    BAIE GELUK AAN AL DIE WENNERS – DIT WYS JOU NET WAT GEDOEN KAN WORD AS JY DIT WAT JY DOEN, MET ‘N GROOT PASSIE DOEN! AFRIKAANS BO!!!!