Het jy gehoor?

Al die Golden Globe-aksie

Pers as glanskleur
Sandra Bullock
(wenner, beste aktrise in ‘n film, drama) het in ‘n see van neutrale kleure die glans gesteel in haar helder-violet Bottega Veneta-aandrok met ‘n sexy skederok.

Kort rokke
Hier het Ginnifer Goodwin van Big Love veral uitgestaan in haar sexy kobaltblou skemerkelkie-rok, ontwerp deur Vionnet.

Ligte perske-kleure
Nicole Kidman (van Nine) het geskitter in haar perskekleurige lingerie-geïnspireerde aandrok

Oop skouer
Julianne Moore wys haar lae halslyn in ‘n pragtige swart Balenciaga-aandrok van satyn.

Swart skitter
Paula Patton was glansryk in ‘n grys-en-swart-blinkers-aandrok deur Kaufmanfranco.

Metaal-blinkers
Anna Paquin
se goue-blinker Alexander McQueen-aandrok met sy asemrowende neklyn het die koppe laat draai.

Valle
Chloe Sevingy is benoem vir beste ondersteunende rol as aktrise en sy’t pragtig gelyk in haar bandjielose ligpers aandrok met valle

Grys skakerings
Jenna Fisher van The Office het ‘n wit sjiffon-aandrok met grys blinker-detail aangehad.

Bron: www.instyle.com

Al die wenners!

Hier’s ‘n lys van al die Golden Globe-wenners.

  • Dit is goed om te sien hoe EENVOUD die meeste mag op die rooi tapyt gehad het. Haarstyle was "amper onnet" en juwele min. Die wat borduurwerk gehad het, het BAIE gehad, en die wat cleavages gehad het, was buitensporig laag, en die wat valle gehad het, het dit in oormaat gehad. Daar is ‘n nuwe invloed (wat die oregame neiging genoem word – ons noem dit ook "sculpting") wat heerlik sy kop uitsteek. Hoe prakties dit in die bedryf gaan wees, is ek nie so seker nie, maar vir die rooi tapyt werk dit goed. Dankie SARIE.com dat julle altyd so vinnig is met die nuus!