matthew_mcconaughey_3_300
Het jy gehoor?

Al dié Hollywood-babas op pad!

Net twee weke ná hul troue het Matthew McConaughey (42) en sy vrou Camila Alves (30) die goeie nuus gedeel dat hul derde kind op pad is – ‘n boetie of sussie vir Levi (3) en Vida (2).

Sangeres Adele (24) het pas aangekondig dat sy en haar kêrel Simon Konecki (38) hul eersteling verwag. Sy het die nuus op haar webtuiste bekend gemaak en gesê sy wou hê haar aanhangers moes dit van haar self hoor.

Aktrise Megan Fox (26) het haar bababoepie in Hawaii gewys. Sy en haar man, Brian Austin Green (38), verwag ook hul eersteling.

Supermodel Gisele Bundchen (31) is reeds 3 maande swanger. Sy en Tom Brady verwag hulle 2de kind ná boetie Benjamin 2 jaar gelede gebore is. Tom het ook ‘n 4-jarige seuntjie by sy eks-vrou, Bridget Moynahan.

Dit lyk of Reese Witherspoon (36) swanger is met haar nuwe man, Jim Toth (40), se kind. Sy het reeds ‘n seun by haar eks-man, die akteur Ryan Phillipe.

Sanger Robbie Williams (38) en sy vrou, Ayda Field (33), is swanger! In tipiese Robbie-styl het hy dit op sy webtuiste aangekondig: “Ons gaan ma en pa word! Ons het al na die sonars gekyk en gehuil, en babas in advertensies laat ons huil. Die baba-kamer is reeds beplan. Ek is verlief op ‘n klein mensie wat in Mamma se maag groei en kan nie wag om pa te word nie!”

Uma Thurman (42) het bekend gemaak dat sy haar derde kind verwag, haar eerste by besigheidsman Arpad Busson (49). Sy’t twee kinders by Ethan Hawke en Arpad het twee sens by sy eks, die model Elle Macpherson.

Die aktrise en Homeland-ster Claire Danes (33) en haar man, Hugh Dancy (37), verwag hul eersteling. Dit ondanks haar bewering dat daar ‘n kans op ‘n baba was, maar nog geen planne nie.

Ons eie celebs en die ooievaar…

Bobby en Annatjie van Jaarsveld verwag hul tweede seuntjie

Die sangpaar Wynand en Chereé se tweede kind is ook op pad.

Bronne: www.glamour.co.uk, www.people.com, www.usmagazine.com