FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Al die nuus oor prinses Charlene se swangerskap

Monaco se koninklike paartjie prins Albert II en prinses Charlene verwag hul eersteling. Hier is al die inligting.

Die paartjie het gisteraand in ’n kort persverklaring bevestig dat hulle swanger is, berig die BBC. Lees die volle berig hier.

Die paartjie sê dat dié nuus vir hulle “baie vreugde” bring. Hulle het nie ’n datum gegee waarop die pienkvoet verwag kan word nie, maar wel dat die voor die einde van die jaar sal wees. Dit beteken dat sy al meer as 3 maande swanger is.

Het jy geweet?

  • Die baba sal prinses Caroline (prins Albert se ouer suster) vervang as troonopvolger
  • Prins Albert het reeds 2 kinders uit ’n vorige verhouding – 22-jarige Jazmin en 10-jarige Alexandre. Omdat hulle buite die huwelik gebore is, het hulle volgens die wet in Monaco nie reg tot die troon nie
  • Albert is die seun van prins Rainier III en aktrise Grace Kelly
  • Grace het in 1982 verongeluk. Nicole Kidman speel dié ikoniese skoonheid in die nuwe film Grace of Monaco
  • Rainier is in 2005 oorlede. Sedertdien het Albert by hom oorgeneem
  • Albert en Charlene Wittstock het mekaar ontmoet tydens ’n swemgala in 2000, dieselfde jaar wat sy SA by die Olimpiese Spele in Sydney verteenwoordig het
  • Hulle het in 2006 tydens die Winter Olimpiese Spele in Italië vir die eerste keer gesê hulle is ’n paartjie
  • Hulle het in Julie 2011 getrou.
getty_albert_charlene

FOTO: Gallo Images / Getty Images

charlene_oscars_getty

FOTO: Gallo Images / Getty Images

charlene_southafricanight

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: BBC en ABC News