FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Al die sterre by die Parys Modeweek

Kristen Stewart het in ‘n wit driekwart-mou baadjie en in die moet-hê item van die Europese seisoen, die baie kort kortbroek, by die Chanel-vertoning opgedaag. Die Grand Palais waar die vertonings jaarliks gehou word, het hierdie jaar Chanel-aanhangers verras. Dié luukse lokaal is omskep om vervalle te lyk. Die klere het die praatwerk gedoen.

Kyk na ons Pinterest-bord vir foto’s van Chanel en ander ontwerpers se vertonings tydens die Parys Modeweek.

Kristen en Robert

Dit is Kristen se eerste groot verskyning sedert sy en haar kêrel, haar mede Twilight-ster Robert Pattinson, se verhouding beëinding is. Volgens gerugte gaan Robert nou uit met een van Kristen se vriendinne, Riley Keough (foto onder). Sy het saam met Kristen in The Runaways gespeel en is die kleindogter van Elvis Presley.

Die Oscar-bekroonde Jennifer Lawrence en die sangeres Rihanna het mekaar raakgeloop in Parys en dié foto getwiet:

Jennifer en Rihanna

Jennifer Lawrence begin haarself nie net as een van Hollywood se talentvolste aktrises bewys nie, maar ook as die volgende it girl as dit by mode kom. Sy was by verskeie ontwerpers se vertonings en het aandag getrek in ‘n kort pienk bloes wat haar plat maag afgewys het en ‘n wyepyp swart broek. Haar korter haarstyl het haar edgy voorkoms afgerond. Kliek hier om te sien hoe Jennifer gelyk het. 

Lees wat sê Jennifer se haarkapper oor haar kort haarstyl.

Rihanna het ook by die Chanel-vertoning haar unieke styl gewys in ‘n oorgroot wit hemp-rok wat net half toegeknoop was. Met stringe pêrels om haar nek en ‘n materiaal-blom wat dit bymekaar hou, het Rihanna gewys dat vintage-styl bykomstighede nog nie iets van die verlede is nie. Kyk hier hoe sy lyk.

Julia Roberts se broerskind Emma Roberts het ook in wit by die modeweek opgedaag. Sy en die aktrise Mena Suvari was by die Versace-vertoning. Naomi Campbell het tydens dié vertoning gewys waarom sy op 43 steeds ‘n supermodel is. Sy het haar slanke figuur en lang bene gewys in ‘n leotard van kant wat met diamanté versier is.

Ander sterre wat die modeweek bywoon, is Uma Thurman, Ryan Seacrest se eksmeisie Julianne Hough, Milla Jovovich en David Beckham.

Het jy gehoor? Ryan Seacrest se nuwe meisie is SA-model!

Kry jou modeweek voorkoms in die SARIE-winkel:

Bly vuurwarm die seisoen in wit:

Midi Lace Dress

Midi Lace Dress (links)

Gold Pocket Jacket (regs)

Gold Pocket Jacket

Die wyepyp-broek is vleiend vir die meeste figure. Soos Jennifer Lawrence dit dra, kan dié klassieke snit baie edgy en modieus lyk!

Dizzy Lizzy Pants

Dizzy Lizzy Pants

Smart Pants With Knit Waistband

Smart Pants With Knit Waistband

Harem Pants With Elasticated Cuff And Waist

Harem Pants With Elasticated Cuff And Waist

Die vintage-styl word steeds in bykomstighede inkorporeer soos met hierdie

“Pearl Leaf”-oorbelle

Pearl Leaf Earrings

‘n Palmtas is altyd ‘n slim idee om al jou benodighede stylvol rond te dra

Zenith Handsak

Zenith Handsak

Fede Clutch

Fede Clutch

Bronne: E! Online, New York Daily News