Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram

Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Al die sterre met hul korter hare PLUS haarwenke vir kort style

Verlede jaar het ’n klompie bekendes hul hare korter geknip – veral die lang bob en die pixie-styl was baie gewild. Ons kyk na hul haarstyle PLUS deel haarwenke vir jou kort haarstyl.

Kort, maar met volume 

Lianie May, Beyoncé, Zelda

FOTO: Twitter @LianieMay

FOTO: Twitter @LianieMay

Sangeres Lianie May se korter hare gee vir haar meer volume op haar kop. Kérastase wys vir jou stap vir stap hoe om dié volume met jou korter styl te kry – klik HIER.

Wenke van Carlos Hourrides, eienaar van Franco International-haarsalonne in SA

  • Vorm die styl met jou hande
  • Jy gaan dit dalk nie die eerste keer regkry nie, maar aanhouer wen!
  • Wend die produkte aan die wortels en versprei dit deur die res van jou hare tot by die punte
  • Lig jou hare met jou vingers terwyl jy die produk in jou hare vryf en droogblaas

 

Klik hier vir die stap-vir-stap-foto’s

Screen Shot 2014-01-08 at 11.09.25 AM

Die gladde lang bob

Jennifer Aniston en Minki van der Westhuizen

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Chris McMillan is al vir jare Jennifer Aniston se haarstilis – hy is ook verantwoordelik vir haar ikoniese haarstyl, The Rachel. En nou is hy weer die man agter die skêr van Jen se nuwe kort kapsel. Chris het Jen se hare aan die agterkant volgens ’n A-lyn  gesny, maar aan die voorkant het hy dit taamlik lank gehou. 

Lees meer oor Chris en Jennifer se verhouding HIER

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

SA model en nuwe ma Minki van der Westhuizen het haar hare in ’n soortgelyke styl as Jennifer s’n gesny.

Wenke vir ’n glad en glansende styl van Carlos Hourrides, eienaar van Franco International-haarsalonne in SA

  • Druk die ergste nattigheid uit jou hare met ’n handdoek
  • Druk ’n klein hoeveelheid produk in jou hand en wend dit aan jou hare vanaf die wortels tot by die punte
  • Gebruik die regte produkte – dit voorkom dat jou hare kroeserig raak

Kérastase wys vir jou stap vir stap hoe om jou hare glad en glansend te kry – klik HIER.

Die krullerige bob

Jenny McCarthy

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Die aktrise Jenny McCarthy het haar hare korter gesny, maar kies eerder om haar hare te krul as om dit glad te dra.

Wenke om jou hare te krul

  • Wend ’n produk aan wat jou hare teen hitte beskerm
  • Hoe stadiger jy die stileeryster deur jou hare trek, hoe stywer sal die krul wees
  • Trek jou vingers liggies deur jou hare om die golwe losser te maak en spuit dit met ’n bietjie haarsproei

Krul jou hare met jou stileeryster op 2 maniere – klik hier!

Die pixie

Pamela Anderson, Jennifer Lawrence

Pamela Anderson op die stel van The Ellen DeGeneres Show FOTO: YouTube

Pamela Anderson op die stel van The Ellen DeGeneres Show FOTO: YouTube

Pamela Anderson het almal geskok toe sy verlede jaar in Oktober haar hare kort gesny het. Dit is die eerste keer in 20 jaar dat sy haar kenmerkende lang platinumblonde hare kort gesny het.

Jennifer Lawrence het gekies vir 'n pixie-styl met 'n langer kuif

Jennifer Lawrence het gekies vir ‘n pixie-styl met ‘n langer kuif

Wenke vir ’n pixie-haarstyl

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny
  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk
  • Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare