sr090227website2
Het jy gehoor?

Al Obama se pêlle

Facebook, Twitter, YouTube, blogs – noem die nuwe tegnologie maar op en pres. Obama (Obama-no-drama, soos sommige hom in Amerika noem!) het dit met reuse-sukses in sy verkiesingsveldtog ingespan. Die gevolg was dat hy vandag ‘n ongelooflike 4 669 173 vriende op Facebook het. Dis ‘n volle 6 keer meer as die 750 000 Suid-Afrikaners wat op Facebook is! Sy Twitter-volgelinge staan op 256 255 – ook glo ‘n rekord. Dat pres. Obama die wêreld gaande het, is nie te betwyfel nie. Volgens CNN kan jy selfs in Bosnië ‘n Obama-pak koop en in Ethiopië smul aan ‘n Obama-pizza! En kyk so die Obama-kussing hierby, wat jy plaaslik kan koop. Sommige meen egter dis nie lank nie voordat Amerika die stokkie sal steek voor die ydellike gebruik van hul Yes we can-president se naam!

Obama het nie net virtuele spore in aanlyn-media getrap nie, maar sy woorde is ook nou in boekvorm beskikbaar. Hy het die vermoë om mense met sy toesprake aan te raak en te inspireer. En dit is hierdie belangrike woorde wat jy kan lees in The Politics of Hope: The words of Barack Obama (saamgestel deur Henry Russel – Zebra, Random House, Struik, R139,95).

 

Die boek is beskikbaar by alle goeie boekwinkels of klik hier en bestel dit aanlyn.

 

*Die Obama-kussing is beskikbaar by Heartworks in Kaapstad. (Kloofstraat, Tuine, tel. 021 4248419. Garden Centre, tel. 021 465 3289 en The Biscuit Mill, tel. 021 447 7183.) Of stuur ‘n e-pos na heartworks.kloof@gmail.com

Jy kan ook ‘n Obama-tafeldoek (R340) van dieselfde materiaal by Delagoa koop. Hulle het takke in Kaapstad (tel. 021 448 9689), Pretoria (tel. 012 342 8752), Graskop (tel. 013 767 1081) en Dullstroom (tel. 013 254 0672).