FOTO: Charmaine Spangenberg Photography

FOTO: Charmaine Spangenberg Photography

Het jy gehoor?

Aletté ook agter die mikrofoon

Aletté Winckler spog met vele talente. Nie net is sy ’n stilis, voorkomskonsultant, skrywer en spreker nie – deesdae help sy ook haar Idol-man Heinz musiek opneem!

Die Winckler-egpaar het ’n foto op Facebook gedeel waar ’n hoogswanger Aletté saam met hom in die musiekateljee werk.

Aletté gesels oor haar kinderboek

“Aletté help gou met laaste paar BV’s [backing vocals] op Heinz se produksie net so voor Reuben kom! 39 weke en 1 dag… It could be any day now!!!” staan daar op Aletté se amptelike Facebook-blad.

So help Aletté vir Heinz uit by die werk FOTO: Facebook

So help Aletté vir Heinz uit by die werk
FOTO: Facebook

Kyk net die Wincklers se mooi swangerskapfoto’s

Dit lyk of die swanger ma van twee ’n vol dag het. Voordat sy haar man vandag in die ateljee gaan help het, was sy ook vir ’n sessie by die spa, skryf sy op Facebook.

Aletté en Heinz, wat onlangs Earth.Song Productions (’n maatskappy wat musiek vervaardig) saam met nog musikante begin het, het vroeër vanjaar Kaap toe getrek met hul twee seuns, Lian (3) en Simeon (1). Die paartjie se derde seun, Reuben, maak een van die dae sy verskyning.

Aletté blog oor die Wincklers se Kaapse trek: