Het jy gehoor?

Aletté Winckler: “As ons nog kinders sou hê…” + FOTO’S

Ha-ha! Alle grappies op ‘n stokkie. Vandag wil ek julle graag meer vertel van die lewe in ons huis ná die magtige dreuning. Gisteraand kom ek in my kamer terwyl Lian kaalstert rondhardloop en vir my die Afrika-motief wys wat hy op die mat gepiepie het, en ek besef dis ‘n whole new ballgame… (pun intended).

Die lewe (en my lyf) sal net nóóit weer dieselfde wees nie. Ek wil nie eens begin met hierdie lyf nie. Ek sal julle die hele dag besig hou met allerhande fieterjasies en kwessies. Jy sou dink ek het met my baie onrealistiese verwagting ná Lian se geboorte besef dat mens nie uit die hospitaal stap en in jou pre-preggie-klere pas nie, ook nie na ‘n maand … of 2 … of 3 of 5 NIE! Maar ek is ‘n vrou met BAIE geloof, want elke liewe item wat ek vir my (selfs in Sarie se winkel) aanskaf is in my ou, kleiner grootte. Dus sit ek met ‘n kas vol kleurvolle somer-items wat vir my pronk as ek my deur oopmaak, maar aan my lyf is my grou-grys meestal (steeds) swangerskapklere. (Hierdie het NIKS met enigiemand uit te waai wat nié my blog lees nie, dus claim ek skrywer-leser-vertroulikheid.)

Simeon Carl Winckler

Simeon Carl Winckler

FOTO’S: Salomien Smal – Of The Earth Photography

Met Simeon het ek besluit om langer te borsvoed. Ek het ‘n keuse gemaak om my kind se gesondheid bo my gerief te plaas en ná byna 5 maande borsvoed ons voort. Wel, dalk is dit die halwe waarheid, want hierdie mannetjie het besluit die Dr Browns se tietiebottel-tietie is baie lekkerder as sy Dr Mom s’n. Nou  moet Mamma elke 4 uur met haar pompie gaan sit en uitmelk … maak my nogaals “booby trapped”… En ná 5 maande flikker my man se oë steeds helder elke keer as ek sê: “Ek moet gaan pomp.” Alhoewel hy  weet dat hy nié by dáái pompsessie betrokke is nie…

As ek en Heinz nóú moet besluit of ons nóg kinders wil hê, is die kanse dat ons sal instem seker skaars (nie dat dit van óns afhang nie), maar as as ons na die statistieke van my twee kinders kyk, lyk die kanse gunstig vir ‘n 3de en selfs 4de een:

Wat sê julle?

Baba nr. 1 = Ma tel 30kg op
Baba nr. 2 = Ma tel 20 kg op
Baba nr. 3 = Ma tel 10 kg op
Baba nr. 4 = NIKS?

Baba nr. 1 gebore in 17 uur met epiduraal
Baba nr. 2 gebore in 1,5 uur (90 min) sonder epiduraal, met gas
Baba nr. 3 gebore in 90 sekondes sonder gas
Baba nr. 4 loop self uit

Baba nr. 1 = géén hare of ooghare
Baba nr. 2 = donker bos hare en lang wimpers
Baba nr. 3 = goue lokke en kameelperd-wimpers
Baba nr. 4 = Raponsie?

Baba nr. 1 = slaap deur op een jaar
Baba nr. 2 = wys tekens van deurslaap op 4 maande
Baba nr. 3 = slaap deur op 2 weke
Baba nr. 4 = kom slapende uit… -geloop

Daar is dus ‘n 50/50-kans dat elke kind se ervaring nét beter gaan word. Alhoewel ons bankrekening, mediese fonds, kar en huisgrootte dalk met elkeen bietjie (baie) meer buigbaar sal moet wees.

Dames, ek moet egter erken dat my lewe nog nooit so ryk en vol was nie. Met 2 seuntjies voel dit nou soos ‘n behoorlike gesin en alhoewel ons ons hande vol het, is ons harte voller!

Volgende keer praat ons meer lyfstorietjies… Hier’s ‘n paar foto’s van die Wincklers.

Simeon (links) en Lian Winckler (regs)

Die Winkler-gesin

Simeon Carl Winckler

Simeon Carl Winckler

Aletté en Simeon Carl WincklerSimeon Carl WincklerAletté en Simeon Carl WincklerAletté en Simeon Carl Winckler

  • Mariana Peens

    Jul is n pragtige gesin en seuns is Ma se kinders Ek het drie en eendag toe hul nog klein was het die vrou vir my gese "Mevrou jy gaan reguit hemel toe met daai 3 "

    Sterkte ek verruil hul vir gin meisiekind nie Gaan eendag 3 bykry xxxxx

  • Laura Appelcrijn

    So gelukkige paartjie met hulle pragtige kleingoed – te dierbaar vir woorde.
    Geniet elke oomblik saam met hulle.

  • Rone de Beer

    Pragtig, pragtig, pragtig!!!!!

  • Helene Roos

    Julle is so pragtig! Geniet die wonderlike voorreg om as gesin saam te leef!

  • Liezl

    Baie dankie dat jy jou pragtige mensies (en komiese oomblikke!) met ons deel.

  • Alida Basson

    Die nuwe toevoeging is pragtig! Altwee boeties is pragtig! Ek is mal oor jou blog, doen asb so voort!

  • Leilane

    Julle is soooo ‘n mooie gesin! Ek love jou getuienis op die na baba koms…. ek het ook 2, en sal hulle ook vir niks verruil nie. Nog nooit was my lewe ook so vol en gevul nie. Jul fotos is pragtig. Thanx for sharing xxx Geniet hulle en geniet mekaar!

  • Lelani

    Jul seunskinders is PRAGTIG!!! WAt ‘n seen is ‘n seun nie. Elke ma se hart se punt!!! Soos jy se, "alhoewel ons ons hande vol het, is ons harte voller". Geniet hulle terdee. Ek kan nogal ‘n ou dogtertjie Winckler sien vir iewers in die toekoms….

  • Adele Volker

    Aag mens, jy maak my dag! Pragtig!!

  • Nolene

    Dit is pragtige foto’s van pragtige mense!! Awesome

  • lettie

    Dankie Alette vir die pragtige fotos van julle, dit is nou regtig lieflik en so n mooi gesinnetjie, groot aanhanger van jou en Heinz, so bly oor die fotos van Simeon so oulik, sy ouboet lyk ook sommer nou groter nou dat Simeon daar is, dit is so snaaks dat sodra daar n ander baba in n familie inkom, hoe vinnig groter word die oudste kind. Hulle gaan goeie maatjies wees sodra hy eers "mobile" raak. Baie dankie en liefde vir julle.

  • Landi

    Mooiste kinders & ouers! Baie geluk.

  • Theresa

    BAIE mooi!! Altyd lekker om te lees!

  • Monique Barnard

    Ek love jou sin vir humor, lag altyd lekker as ek jou blog lees! Ek stuur dit sommer vir my vriendinne aan sodat ons later daaroor kan praat en weer lekker lag!
    Baie sterkte met jou mooi gesinnetjie, julle het ‘n goeie fondasie al klaar in die Here, so dit kan net goed gaan!

  • davida nel

    Pragtig!! Ek swanger en jys my inspirasie. Dankie dat jy jou gesin vir ons wys. Hul is pragtig. N blessing !!

  • Karien

    Ag my moeder, dis die mooiste twee outjies! Hahaha, ek wil nie jou moed breek nie, maar as jy dink jy het nou jou hande vol, wag tot die twee mekaar begin ‘tackle’ op die trampoline (en ander toertjies wat ek jou liewer nie mee sal bangmaak nie…). My oudste is ‘n dogtertjie en veronderstel om rustiger te wees…so sterkte met die twee mannetjies-goed, lol! Geniet elke oomblik, ek besef elke liewe dag net van vooraf watse ongelooflike seën ons kindertjies is.

  • Rachelle

    Dankie vir die skrywe – geniet dit vreeslik!!! Ek self het 2 weke terug mamma geword van ‘n pragtige baba seun en dit is seker een van die wonderlikste geskenke wat mens uit God se Hand kan ontvang 🙂 Ek het lekker gelag vir die "kom slapende uit…geloop" 🙂

  • Maryke Meyer

    Baie geluk, julle is ‘n pragtige gesin. Dis altyd lekker om jou blogs te lees, dankie dat jy al hierdie spesiale goedjies met ons deel 🙂

  • Madelein

    Ag pragtig!!!!!

  • Suzaan

    Baie dankie vir jou blog! Ek het veral jou statistieke geniet en vreeslik lekker gelag!!!

    Geniet jou gesin!!!

  • Chriselle Storm

    Vir een of ander rede lees ek altyd die blog by die werk en as ek my weer kan kry, lag ek hard op- en niemand weet hoekom nie! Jy’t ‘n vreeslike goeie sin vir humor en ek dink die feit dat swangerskap jou lyf verander het, hanteer jy op ‘n baie mooi manier!

    Niks wat die moeite werd is kom sonder ‘n prys nie.

    Julle het ‘n pragtige gesin! Kan nie wag vir jou volgende inskrywing nie!

  • Karien

    Het dit vreeslik geniet om dit te lees……!!!!!:)

  • Niekie Bushby

    Ek het nou so lekker gesit en giggel – jy het regtig ‘n uitstekende skryfstyl, Alette! Jou twee laaities is SO mooi en skattig – Simeon lyk na Mamma en Lian na Pappa. Mag God julle gesin uit die hemel seën met alles wat julle nodig het, fisies, emosioneel en geestelik.

  • Natasha

    Ek het nou so lekker gelag oor die pomp sessie !! Jy lyk stunning wat wori jy oor.

  • Sunell

    Die "baba verweerde" lyf kom weer reg na ‘n paar JAAR. Veral as mens 3 seuntjies binne 5 jaar het! En ja, soms raak elke swangerskap en geboorte makliker, maar partykeer ook moeiliker. Sterkte en geniet hulle terwyl hulle so klein is, want as hulle tieners is kry jy hulle nie so maklik gevang vir ‘n klomp neksoentjies en stywe drukke nie.

  • Paulina Machelm

    God se skeppings werk is pragtig, mag hulle net vreugde en vrede bring in die gesin. Wees geseën.

  • Adel

    Ons het ‘n paar jaar terug saam gewerk in Rosebank. Nooit het ek gedink ons 2de kinders sal 5 dae uitmekaar wees nie. Vandag sit jy met 2 pragtige seuntjies, en die man wat jy destyds net begin "date" het. En ek sit met 2 pragtige dogtertjies.
    Baie bly jy is so gelukkig – ek geniet jou stories vreeslik. (ek voel soms ook so, veral oor die lyf…).

  • Janita

    Ek LOVE dit om jou stories te lees! Het sommer nou kliphard begin om te huil van die lag by die werk want ek kan die prentjie vir myself indink. Soos bevoorbeeld: Raponsie wat slapende uit haar plat-maag-Ma loop! Dankie vir jou BLOG! Jou gesin is regtig pragtig en geseend! Geniet hulle!xxx

  • Petro

    Hulle altwee is pragtig. Geniet hulle, die kleintjies word so gou groot. Baie geluk aan julle.

  • Marlene Touche

    Wat ‘n pragtige gesin. Geniet die kleingoed want hulle word gans te vinnig groot.

  • Es

    Talent! Takent! Talent! Juls AL 4 pragtig! Ek giggel so my oorvol blaas lek-lek plek-plek soos ek voortlees! Kyk, om 4 so vinnig in te ryg gaan regte diplomatiese beplanning verg maar sal voorwaar vir nog ‘n hele klompie lekker-lees blogs sorg! Jy moet net jou geheime met ons gewone mortal souls deel hoe jy met totale gaos so cool calm en airbrushed perfect
    24/7 lyk! Want elke keer as ek jou sien is jy net nog mooier! Swangerskap, moederskap en vrouwees vir Heinz doen jou hele wese wonders! Toonbeeld van inspirasie vir ons gewone Afrika vrouens! Lekker popspeel! Jul lyk pragtige & vervuld!

  • Anita

    Vrou jy’s pragtig en jou man love jou soos jy is ,so leef met jou lyf man! Julle is so geseend en ‘n pragtige gesin. Dis so voorreg om ‘n mamma te wees.
    Baie seen vir julle.