Untitlede
Het jy gehoor?

Aletté Winckler blog: “My pad terug na ‘n 34″

28 Maart 2014

So, dis daai tyd van die jaar, maand én week. Al die driegangmaaltye van dierbare (nuwe) vriende het opgedroog (ná Reuben se geboorte) en dis nou hierdie mamma se (voor)reg om te sien kom klaar en vir haar familie te sorg. Ons is nou (redelik) in die ding: Die boeties is semi-aangepas met die nuwe gevreetjie en Mamma se lekker sagte lyf is gewoond aan die min slaap. Anders as met die ander twee babies gaan ek egter nie wéér allerhande verskonings uitdink om myself reg te ruk eers ná ek opgehou bordsvoed het nie. En al die pro-natuurlik, pro-organiese, pro-borsvoed-mammas se ore spits nou heerlik. Of ‘heurlik’ soos my ma sal sê. To be continued…

29 Maart 2014

Dis nie net die lyf wat agterweë gebly het nie. Die hakke, die naels, die tone (als wat ek nie kon bykom nie) het drastiese aandag nodig. Maandag is Maandag! Ek gaan nie dieet nie, ek gaan nie my baba ontneem van enige noodsaaklikhede nie, ek gaan net alle gemors uitsny en aandag gee waar aandag nodig is. Ek gaan verantwoording doen aan julle op my Facebookbladsy. Met foto’s en als (want julle is spesiaal). Dis súlke tyd. Let’s see how it goes.

1 April 2014

Jammer ek het nie gister meer gedeel oor my planne nie en my Maandag nie, maar ‘n geniepsige blaasinfeksie het sy kop uitgesteek en Mamma moes hom vinnig in sy spore stuit. Voel vandag stukke beter. Gemors uitgesny: Geen suiker (my swakpunt). Oh, my hat, elke aand ná aandete wil ek ‘n ou soet dingetjie nuttig. Gisteraand het ek maar nog ‘n hap steak gevat toe die lus my oorval. Gaskoeldranke en dieetkoeldranke is uit. Daai goed is sleg vir ‘n mens, en dit is altyd so ou lafenissie as jy reg probeer eet om te voel jy het darem iets lekkers om te drink. Nou is dit maar water, water, water. En koffie, en tee. Anderdag vra Lian vir Heinz: “Pappa, hoekom het grootmense koffie nodig?” Nie, hoekom drink julle baie koffie nie, hoekom het ons dit nodig! I am telling you. Ek het dit nodig omdat ek deur ‘n volle dag moet kom nadat ek 15 minute slaapsessies in die nag gehad het.

En dan drink ek nie eens behoorlik kafeïen in my koffie nie sodat my baba kan slaap nie. Dis meer net die gedagte. Anyways, vandag is dag twee, let’s see how it goes. Hoop julle het elkeen ‘n wonderlike dag!

Middagete: Tunaslaai

Untitled

2 April 2014

Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag. Die feit dat ek nou eers kans kry om te skryf moet vir julle sê die nag was nág. Hierdie mannetjie het nie opgehou skreeu van krampe nie. Enige raad asseblief? Dis hoekom ek Facebook love!

Ek het wel gisteraand my nuwe gunsteling-poeding ontdek: Double thick Greek jogurt met n druppel heuning. Oh my, dit was lekker. Ek weet almal het verskillende opinies oor lae-vet/volroom. Ek is ‘n volroom-fan – net sodat julle weet. Doen gou ‘n paar fotos met Reuben vandag. Twee en ‘n half weke later en die knaap het nog nie sy new born shoot gehad nie. Hy is nou nie meer new born nie, maar ons gat hom doen. Chat weer later, julle.

3 April 2014

Hallo! So, vandag is dag 4. So far so good. Julle raad het wondere verrig vir my kind. Ek gaan nie sê wat ek probeer het nie, want daar gaan party wees wat raas en ander gaan sleg voel dat ek nie hulle raad probeer het nie, maar ek is dankbaar. #happymommy Vanaand se spyskaart lê nou swaar op my hart. Wat moet ons maak? Heinz tree op by ‘n kerk in die Strand (The Bay Christian Family Church) en hulle sal vir hom kos gee. So, dis ek en die nanny. Die kinders is gelukkig nog maklik. Mmm, enige kreatiewe gesonde idees? En maklik? Daardie deel is baie belangrik. Ek moet sê ek voel rerig goed. Vir die hoeveelheid slaap wat ek inkry hou hierdie (ou) lyf darem nog vir jou. Heinz is moeg, moeg, moeg. Hy vat nie grond nie en het baie projekte om af te handel. Die twee oudstes hang aan hom soos nete (luiseiers, vir die wat dink ek kan nie spel nie). Hy moet al die rondritswerk doen (dis nou as hy by die huis is) en nog al sy projekte klaarmaak. Vir die wat dink ons het dit maklik, no ways. Daar is te min ure in die dag maar ons love die lewe en mekaar en dit is wat saakmaak. En ons bly in die Kaap. Dit is die grootste, grootste voorreg.

8 April 2014

Hallo, julle! Dis nou al ‘n week en ‘n dag later. Gister was Maandag en die skaal was wel my vriend! 1.6kg ligter deur net alle suiker en meeste stysel soos die pes te vermy en water my beste maaitjie te maak! Ek gaan nou-nou vir julle n fototjie wys van my 3 weke post-pens. Moet brag, dit het definitief nie met een van my ander kinders soveel kleiner vertoon nie. Dit wys my net dit is moontlik terwyl jy borsvoed. Ek moet bieg, dis soms baie moeilik om nie alle inhibisies oorboord te gooi en in die paaseierkas (of soos Simeon sal se: Paash-eie) kas in te vaar en als op te raap nie. Ek gaan soos Paulus my uitstrek na dit wat voor is en vergeet van dit wat agter my is! 1.6 down…17.8 to go… Lekker man!

8 April 2014

Here you go… Thanks for the accountability guys!

Untitlede

Aandete:

Pampoen(eers sag-erig gekook en toe gebraai in olie met fyn gemaalde koljander, neutmuskaat, sout en peper), op baba spinasie, met feta, sonneblom- en pampoensade en vars koljander saam met hoender… Fantalla!

Untitledee

9 April 2014

So, ek weet dit is nie goed om gereeld te weeg nie, en wil dit eintlik maar net een maal ‘n week doen. Maar, omdat ek onraad vermoed het met Maandagoggend se sessie, het ek dit goed gedink om gou vanoggend weer te check. (En, omdat ek eintlik so lekker eet wou ek net ook seker maak ek is op die regte pad.) Wel, die waarheid is toe nou eintlik 2.4 kilogram. YAY!

9 April 2014

Aandete: Salm in oond gebak met aspersies, kersietamaties, sampioene in botter gebraai en ‘n halwe avokadopeer! (Salm is só duur ek sal hom net so een maal n maand kan eet). Vandag was so ‘n mal dag ek het “Double Thick Greek yogurt” vir ontbyt gehad en biltong vir middagete tussen voedings, inkopies en huise soek. Ek volg geen spesifieke plan nie, maar kon ná 34 jaar leer dat my liggaam en stysel nie werklik lovers is nie – meer soos ‘n one night stand dis lekker en dan is dit klaar en die skade is gedoen. Ek weeg nie my kos nie maar eet proteïne, vette, groente en suiwel. So, dis net suiker en slegte stysel gesny. Die wonderlike ding is alhoewel ek seker 3 ure se onderbroke slaap per aand kry, voel ek oor die algmeen goed, (redelik) vol energie en lus vir die lewe. Ek sien kans om met my groter kids fisies te speel en ek kan eintlik nie wag om te kan begin oefen na my 6 weke ondersoek nie! En al hierdie faktore maak dat ek hierby stick en nie die paaskas opeet nie!