FOTO: Twitter (@TheAcademy)

FOTO: Twitter (@TheAcademy)

Het jy gehoor?

Is Alicia Vikander die volgende Angelina Jolie?

As jy haar nog nie in ’n fliek sien speel nie, het jy beslis al haar naam gehoor. Die Sweedse aktrise Alicia Vikander het vanjaar die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir haar rol in die kostuumdrama The Danish Girl

En nóú pak sy die rol van aksiester aan, as rekenaarspeletjie-heldin en argeoloog Lara Croft in Tomb Raider, berig Variety.

Alicia Vikander / Instagram

Angelina Jolie het oorspronklik die rol gespeel in Lara Croft: Tomb Raider en Lara Croft Tomb Raider: The Cradle of Life. Dié twee rolprente het Angelina se Hollywood-loopbaan as aksiester ’n hupstoot gegee.

Lara Croft Tomb Raider poster

Voordat Angelina dié rol aangepak het, het sy in 2000 die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir haar spel in Girl Interrupted. Alicia het, nes Angelina, met haar eerste benoeming die gesogte beeldjie gewen.

Later vanjaar speel Alicia teenoor Matt Damon in die vyfde rolprent van die Jason Bourne-reeks, Jason Bourne.

Kyk die lokprent van Jason Bourne hier

Vir 10 dinge oor dié Sweedse aktrise wat jy móét weet, klik hier.

20160429_VGB Tag

Lees ook

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem

Natalie Portman se man ster van dokumentêr

Janet Jackson swanger op 49