Alicia Vikander / Instagram
Het jy gehoor?

Alicia Vikander en Michael Fassbender ís toe saam

’n Soen. Dis hoe die wêreld weet dat die akteurs Alicia Vikander en Michael Fassbender ’n paartjie is. 

Alicia het gisteraand die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen. En net voor sy na die verhoog gegaan het, het sy Michael, wat langs haar gesit het, gesoen.

Terwyl sy almal bedank het, het Michael liefdevol na haar gekyk.

Hulle het mekaar op die stel van The Light Between the Oceans ontmoet. Steelfoto’s is van hulle geneem waar hulle saam vakansie hou en ook soen, maar die paartjie het nooit erken dat hulle ‘n verhouding het nie.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Michael en Alicia speel die hoofkarakters in The Light Between the Oceans. Dit word later vanjaar vrygestel.

Kyk die roerende lokprent:

Hulle maak beslis ’n oulike paartjie.

Lees nou