FOTO: Instagram @aliciavikanderdaily

FOTO: Instagram @aliciavikanderdaily

Het jy gehoor?

Alicia Vikander se voorskootrok: Ons trend-inspirasie!

Saartjie is baie beïndruk met die aktrise Alicia Vikander se rokkeuse by die Golden Globes! En hoe meer jy oor die rok leer, hoe indrukwekkender raak dit. 

Alicia se rok is ’n formele weergawe van ’n voorskoot! Dié apron-rok, of dan nou voorskootrok, is vir Alicia deur Nicholas Ghesquiére vir Louis Vuitton ontwerp.

Die detail, soos die nate wat in swart gestik is, maak dit baie spesiaal – dit het glo meer as 200 ure geneem om te maak!

Die tyd en moeite wat aan die rok bestee is, was beslis lonend. Alicia was op byna al die lyste van mooiste rokke by die Golden Globes.

Alicia Vikander deur Alexia Hechter

Alicia Vikander se rok
SKETS: Alexia Hechter

Die oorkruisbande aan die agterkant gee ’n quirky voorkoms. Indien jy mooi kyk, lyk die rok soos ’n voorskoot van die 1900’s.

Alicia se rok is goed gemanipuleer om ’n formele voorkoms te skep. Die kombinasie van blinkers, platplooie, valletjies en deursigtige materiaal maak dit baie sjiek. Sy het definitief koppe laat draai en uitgestaan!

Alicia Vikander in haar voorskootrok:

Maar is voorskootrokke die volgende trend?

Ons het dié soort rok in Nina Ricci se Somer 2016-reeks gesien. Die neklyn van die rok is ook ’n groot trend onder ontwerpers soos Micheal Kors, David Koma en Bottega Veneta.

Nina Ricci se Lente/Somer 2016-reeks

Kyk uit vir dié trend!