Jack Parow
Het jy gehoor?

Alles wat jy van Jack Parow se boek móét weet!

Al ooit gewonder hoekom die Kaapse stadsraad hom afgedank het toe hy by die afdeling vir begrafplaas-beplanning gewerk het? Dan is Jack Parow se boek, Die ou met die snor by die bar, net vir jou. 

Met die hulp van joernalis Theunis Engelbrecht is dié Afrikaanse kletsrymer nou ook ’n skrywer en hy is gretig om ons van al sy “mal, wilde avonture” te vertel.  

In minder as 300 bladsye maak dié boek draaie in plekke soos Parow, Waenhuiskrans, Uitkykhoogte, Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Los Angeles én Moskou. Ons lees oor Jack se transformasie van uncool kid tot trendsetter.

Dié outobiografie spog met van sy lirieke en ’n groot aantal persoonlike foto’s wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Die ou met die snor by die bar is vanaf September 2015 beskikbaar.

Lees nou