FOTO: Clemens Bilan/Getty Images

FOTO: Clemens Bilan/Getty Images

Het jy gehoor?

Almal praat oor Amal Clooney se rok

Die Britse prokureur Amal Clooney het gister haar debuut op die Cannes-rolprentfees se rooi tapyt gemaak. Aan die sy van haar man, George Clooney, het sy geskitter in ’n babageel Atelier Versace-rok. En nou gons die kuberruim behoorlik.

Sy het George vergesel na die première van sy nuutste rolprent, Money Monster. Oscar-wenner Jodie Foster is die regisseur en Julia Roberts is ook in dié prent te sien.

SARIE se modespan sê Amal se uitrusting is klassiek, elegant en sjiek. “Amal Clooney het definitief die koppe laat draai met dié rok. Boonop is babageel nie juis een van die rooi tapyt se gunstelinge nie, maar Amal het almal verkeerd bewys! Die eenskouer-neklyn en hoë spleet is beslis ’n wenkombinasie. Dis ’n geval van if you’ve got it, flaunt it!”

En SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, sê: “Die impak is in die eenvoud van die rok. En die klassieke styl is mooi.”

George het op 6 Mei 55 jaar oud geword – en Amal het op dié dag ’n kinderlike droom van hom laat waar word.

“Ons het ’n pragtige grasperk voor ons huis in Engeland. En as kind het ek gereeld gras gesny. Sy het vir my ’n reuse-grassnyer gekoop vir my verjaardag, die soort waarop jy kan ry. Ek sien so daarna uit om dit te gebruik as ek by die huis kom,” het hy aan ET Canada vertel.

Lees nou

Bisarre Bieber: Wat’s fout met Justin?

Amal Clooney kap vir Trump!