princeharry_getty
Het jy gehoor?

Is Prins Harry die wêreld se top-enkelloper?

Al is hy nie die troonopvolger nie, is hy op die wêreld se lysie van die mees hubare mans. En dié titel het die Amerikaanse tydskrif Town & Country ‘amptelik’ aan hom gegee in hulle nuutste uitgawe.   

Die 28-jarige prins het stof in die oë van 39 ander bekendes geskop wat George Clooney en twee van die Kennedy-familie insluit, die seun van Arnold Schwarzenegger, Patrick Schwarzenegger, en Conor Kennedy. Arnold Schwarzenegger was voorheen getroud met Maria Shriver.

Afgesien van die prins se gefuif in hotelswembaddens het die tydskrif gesê die feit dat hy amper ’n oom is, hom net meer aantreklik maak.

“Hy is die wilde koninklike seun, die stout een … dit is waarom ons die meeste van hom hou,” het dié tydskrif gesê.

“Ons hou van hom want hy is gemaklik in sy eie vel en is nie te styf of hoogdrawend om dit te wys nie. Sy kleredrag wys net weer dat Harry speels en avontuurlustig is – ’n ware Renaissance-man. Soms is dit goed om nie koning te wees nie.!”

Die lys sluit besigheidsmanne, filmsterre, sportsterre, en ook ander koninklikes soos Prins Charl Philip van Swede, Prins Philippos van Griekeland en Denemarke, en Prins Amedeo van België in.