sr1003oscarflieks_1_
Het jy gehoor?

Altus Theart se eerste musiekvideo

Maar vir hom is dit glad nie ’n vreemde terrein nie.
    
“Ek en Ivan Botha (ook van Bakgat-faam) het ’n band gehad toe ons nog by die Tshwane Universiteit van Tegnologie drama geswot het. So dit is darem nie vir my heeltemal vreemd om voor mense te sing nie. Die oorgang om nou op ’n verhoog te staan en sing, was nogal weird. Dit is baie dieselfde as toneelspel, maar ook vreeslik verskillend en tog ook baie exciting.”

Daar’s 12 liedjies op die album, waaronder Madelein, Madelein (Piet van Wyk de Vries) en Daughtry se Home. Nie een van die liedjies op die album is Theart se eie nie. Van sy gunstelinge is So verlief, As jy inval en Sonder jou.

“Ek het ’n baie breë musieksmaak, wat wissel van Mozart tot heavy metal. Vir my gaan dit daaroor of die liedjie met my praat… Toe ons die liedjies gekies en die album opgeneem het, was dit vir my net ’n kwessie van watter nommers met my praat en ook of die gehoor daarmee kan assosieer.”

Sy liefde vir musiek kom van sy ouers en sy ouer broer wat hom aan rock-musiek blootgestel het. “Ek was gelukkig om in ’n huis groot te word waar daar altyd musiek gespeel het: die radio was aan, of opera op die langspeelplate tot Afrikaanse Treffers vol. 1.”

Theart was nog tot onlangs besig om aan twee flieks te skiet: Verraaiers (dieselfde vervaardigers as Roepman) en Darryl Roodt se jongste prent, Stilte. En vanaf 15 April is hy saam met Steve Hofmeyr te sien in Deon Opperman se nuwe musiekspel, Lied van my hart, in die Staatsteater in Pretoria.

www.altustheart.co.za