screen_shot_2013_08_26_at_12.44.04_pm_310w
Het jy gehoor?

Amalia Uys se pragfoto’s + kry haar styl

Amalia Uys het die Kaapse strate ingevaar en haar niggie en vriendin, die fotograaf Helette Du Toit, het hierdie pragfoto’s van haar geneem.

Stylvolle gemak

screen_shot_2013_08_26_at_12.43.05_pm_630w

Amalia, wat vroeër vanjaar besluit het om ná 6 jaar as San-Mari op 7de Laan dié gewilde sepie verlaat, is gemaklik met dié besluit. Sy het in die Maart-uitgawe van SARIE die volgende daaroor gesê:

Ek is pedanties as dit by groot besluite kom. Ek dink dit was maar vrees dat ek nie weer gaan werk nie [wat my teruggehou het]. ’n Bietjie onsekerheid. Nie dat ek selfvertroue verloor het nie. Maar daai verskriklike positiwiteit wat ek op universiteit gehad het dat alles gaan uitwerk, het begin wankel. As die werklikheid van die bedryf jou eers tref . . . die min geleenthede, die geld wat nie altyd so wonderlik is nie, die vrees dat jy nie vinnig aangestel gaan word nie omdat jy te vars in kykers se geheue is as jy te lank by ’n sepie was . . . Al daardie goed maak jou bang. Maar ek dink ook waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Boer soek ‘n vrou se Angelique wys foto’s + kry haar styl

Amalia se uitrusting is stylvol en gemaklik. Dit is net weer ‘n bewys jy hoef nie slonserig te lyk om gemaklik te wees nie!

Kry dié gemaklike stylvolle trui (regs) in die SARIE-winkel.

Haar natuurlike skoonheid kom na vore met minimale grimering – Bobbi Brown wys jou in 10 stappe om dié grimeervoorkoms te kry. Klik hier!

Die motorfiets-voorkoms

screen_shot_2013_08_26_at_12.43.32_pm_630wDeesdae is sy en die sanger en akteur Stefan Ludik ‘n paartjie en ondersteun mekaar se beroepe.

Jy hoef nie op ‘n motorfiets te ry om ‘n leerbaadjie te dra nie. Amalia kry dit reg om edgy én vroulik te lyk met hierdie uitrusting.

Wanneer ‘n leerbaadjie (soos dié een regs) saam met sagte materiale gedra word, word die baadjie én jou vroulikheid beklemtoon.

Amalia beklemtoon haar oë met oogskadu. Klik hier om uit te vind watter skakering oogskadu die beste by jou oogkleur sal pas.

 

Prinses Charlene op die voorblad van Vogue – kry haar styl

Glansryke ster

screen_shot_2013_08_26_at_12.43.46_pm_630w

mrt_2013_200w

 

Ons mooimaak-span wat Amalia vir die Maart-uitgawe afgeneem het, het haar met die Sweedse Hollywoodster, Greta Garbo vergelyk, omdat sy so ’n onkonvensionele, interessante voorkoms het. Sien al die agter die skerms-aksie hier. 

 

 

Die glansryke Hollywood-ster voorkoms is terug. Dit beteken rokerige oë en rooi lipstiffie. Jy kan ‘n klassieke Hollywood glans-voorkoms kry deur jou hare te krul en op te steek, of om al jou hare in ‘n stylvolle bolla bo jou kop vas te maak. Ons wys jou ook stap vir stap hoe om ‘n golwende glans haarstyl te kry. Klik hier!

‘n Pragtige paar oprygstewels is altyd ‘n goeie kopie (regs).

En ‘n pragtige baadjie van ‘n luukse materiaal gaan nooit uit die mode nie. Ons prag-keuses uit die SARIE-winkel: