FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

Het jy gehoor?

Amalia se twee leading men + kom fliek saam!

Vurig, uitgesproke, doelgerig. In die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente weet die “beeldskone ouditeur” Linda wat sy wil hê uit die lewe. En haar nuwe kêrel gaan voluit om haar hart te wen.

In werklikheid is die aktrise Amalia Uys, wat dié rol vertolk, ook iemand wat weet waarheen sy op pad is. “Ek weet wie ek is en kan besluite neem.”

Sy hou haar nie sommer op met strooi nie.

“Die lewe is te kort. Ek’t geleer geluk is iets wat jy self skep.” Die mooi lê in die sonstrale wat laatmiddag deur die blare skyn, ’n goeie liedjie oor die radio as jy in die verkeer sit of ’n gedeelde oomblik tussen jou en jou geliefde,” vertel sy.

Amalia se leading man

Amalia is op ’n goeie plek in haar lewe. In teenstelling met haar karakter, wat soek na die regte man, het sy sowat twee jaar gelede haar droomman, Shaun Golding (foto hieronder), ’n watertegnoloog, ontmoet.

23 Amazing months today with this superman @shaungolding Love you with all my heart!

A photo posted by @amalia1uys on

Intussen het Sy Klink Soos Lente haar pad gekruis. Dis vir haar ’n voorreg om deel te wees van hierdie fliek haar eerste hoofrol in ’n Afrikaanse rolprent. “Dis ’n oorspronklike, gutsy projek van internasionale gehalte.

Linda se leading man

In dié komedie speel Amalia teenoor Stiaan Smith (jy sal hom van Vir Altyd onthou). En sy glo haar leading man is iemand om dop te hou.

“Stiaan is so veelsydig. Saam met toneelspeel, kan hy ook skryf en regie doen. Dis kreatief om teenoor hom te speel. Hy voer jou konstant met onverwagshede wat jou op ’n vars en oorspronklike manier laat reageer. Ek hou ook van sy sin vir humor – dit was net pret om saam met hom te werk.”

sy klink soos lente

Amalia en Stiaan as Linda en Ben in Sy Klink Soos Lente>em>

Stiaan se karakter, Ben, is ’n werktuigkundige wat verlief raak op Linda (Amalia). Hy reken hy moet haar beïndruk en vertel haar hy het ’n band.

Maar dán moet hy natuurlik leer musiek maak om in een te kan speel …

Eerste kans!

Kyk Sy Klink Soos Lente eerste saam met SARIE en die akteurs – in samewerking met King Price! 8 September om 19:30 by die Atterbury-teater in Pretoria. Koop jou kaartjie HIER.

Klik HIER vir meer inligting.

2 SKSL_Fader_Premier