FOTO Die Boer / Facebook

FOTO Die Boer / Facebook

Het jy gehoor?

Amanda Strydom verloor gewig

Amanda Strydom is veelsydig: kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise. En van middel September sien ons haar in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders as die moeilikheidmaker Belinda. En sy het omtrent ’n gedaanteverwisseling ondergaan!

Onlangs, tydens ’n optrede by Die Boer-teaterrestaurant (waarvan Margit Meyer-Rödenbeck, beter bekend as Dowwe Dolla, medebestuurder is), het Amanda almal laat snak na hul asem toe sy in haar swart mini op die verhoog verskyn. En haar slanke bene in swart sykouse het gelyk of dit tot teenaan die plafon strek.

FOTO Facebook /Jaap Reedijk

FOTO Facebook /Jaap Reedijk

Wat is haar geheim?

Geen geheime dieetdoepa nie!

Sy vertel: “Ek het in Julie verlede jaar baie siek geword. Ná vele bloedtoetse en skanderings ontdek die neuroloog my litiumvlak (ek drink dié medikasie,’n gemoedstabiliseerder, al jare lank vir my bipolêre gemoedstoestand) het gevaarlik hoog gestyg. Dít het tremors veroorsaak en ek het verskriklik begin bewe. Ek het ook heeltyd my balans verloor en was besig om op ’n beroerte af te stuur.’’

Haar medikasie is aangepas en sy word gereeld getoets. Sy het ook medikasie vir die tremors gekry (want sy het begin glo sy het Parkinson se siekte).

“En toe ek alkohol uitsny, omdat dit ook sou help om die tremors te verminder, en drie keer per week Pilates begin doen, sien ek op ’n dag my ou jeans pas weer. Dit is ’n wonderlike gevoel. En deesdae sien ek weer daarna uit om te oefen.’’

Lees nou

Slaan hom vir ’n ses, Kagiso!

Prinses Charlene van Monaco se tikkie SA flair