american idol
Het jy gehoor?

American Idol sing swanesang

Die 15de reeks van die gewilde realiteitsprogram American Idol sal ook die laaste een wees, berig People,com.

Die vervaardigers het besluit dit is die regte tyd om dié superreeks, wat vir agt van die 15 jaar die gewildste reeks op die Amerikaanse TV-kanaal Fox was, te beëindig. “Dit is die regte tyd om te stop, en om met die laaste reeks die sukses daarvan sowel as die suksesvolle loopbane wat dit tot gevolg gehad het, te vier,” het Gary Newman, die uitvoerende hoof van Fox gesê.

Jennifer Lopez, Keith Urban en Harry Connick Jnr. sal in die laaste seisoen as beoordelaars te sien wees en Ryan Seacrest sal weer die aanbieder wees. Daar sal ook gasbeoordelaars wees, en die kans is goed dat Simon Cowell, Paula Abdul en Randy Jackson in die reeks te sien sal wees.

Simon Cowell het op Twitter die goeie tye onthou as beoordelaar van American Idol:

Is jy ’n aanhanger van American Idol?

  • Ja
  • Nee

Lees ook: