adam_levine_behati_getty
Het jy gehoor?

Amerikaanse sanger en sy Namibiese liefde

Adam en Behati, ‘n Victoria’s Secret-model, is op 24 Oktober saam na die GQ Gentlemen’s Bal in New York. Levine (33) en sy eks-meisie, die blonde supermodel, Anne Vyalitsyna, is in April uitmekaar.

Volgens ‘n ooggetuie was hulle danig met mekaar gedurende die aand en was hy regte gentleman.

‘n Bron het vroeër aan Us Magazine vertel dat Vyalitsyna deur middel van ‘n persverklaring haar verhouding met Levine beïndig het, en dat dit hom ná ‘n verhouding van 2 jaar onkant gevang het.
“Hy het pret saam met Prinsloo,” vertel ‘n vriend van Levine. “Hy’t gesê hy sal nooit weer met ‘n model uitgaan nie, maar hy’s ‘n rocker, en dit is in sy bloed!” vertel die vriend.

  • louis

    Wat bse jy nou

  • Rosemary Havenga

    Dit is nie ‘n groot verrassing nie, Suid Afrikaanse meisies is die mooiste in die wereld. Ek kan daarvan getuig, ek woon al 14 jaar in Kanada en kan eerlik se, ons land staan aan die bo-punt van mooi meisies.