Het jy gehoor?

Amerikaanse sanger verloof aan Namibiese model

SARIE het vroeër berig dat die Maroon 5-sanger en die Nambiese model Behati Prinsloo se verhouding skipbreuk gely het. Adam, wat bekend is daarvoor om in die geselskap van pragtige modelle te wees, het verlede maand nog met die Sports Illustrated-model Nina Agdal op vakansie gegaan.

Behati Prinsloo

Maar dit lyk of Adam nie sonder die Namibiese skoonheid kon klaarkom nie. Die paartjie het glo onlangs versoen en Adam het oor die naweek in Los Angeles vir haar gevra om te trou.

Adam het vroeër aan People gesê hy wil graag trou. “Ek voel nie druk om te trou nie, maar ek dink wanneer dit tyd is, gaan dit natuurlik voel. En ek dink ek gaan dit geniet!

Bron: Daily Mail