amor2
Het jy gehoor?

Amor se nuwe haarstyl: “Ek voel soos ‘n nuwe mens”

Ons ken haar met ligbruin hare en sonstrepies, en nou spog Amor met ‘n donkerkop.

“Ek voel soos ‘n nuwe mens. Dit voel asof daai ou goed wat deur my kop getuimel het, weg is,” vertel sy.

“Ek moes verlede jaar met my Amorisqué-vertoning by Emperors Palace my hare witblond dra. Dit was harde werk om my hare gesond te hou en te keer dat dit geel lyk. Ná my show en ‘n seevakansie in Desember was my punte dood en my hare het byna geen lewe gehad nie. Dit het my sommer down en depressed laat voel. ‘n Mens moet jouself versorg, en dit begin by jou hare en jou vel,” vertel sy.

Amor Vittone

Pieter van Fashion Squared in Dainfern, Fourways, is al ‘n paar lank my haarkapper. Dit was sy idee om my hare ‘n kleurverandering te gee. Ek sê toe: ‘Go for it, baby!’. Ek het mos eintlik bruin hare en ‘n blas vel vanweë my Italiaanse herkoms. Om dus ‘n brunet te word was eintlik om terug te keer na my natuurlike haarkleur,” vertel Amor.

Sy het ook haarverlengings laat insit vir sowat 10 cm ekstra lengte. “Soos ‘n mens ouer raak, word jou hare dun en dan moet jy dit óf knip óf iets daarmee doen.

“Ek kyk graag E!News en Fashion TV en hou daarvan om op hoogte van die trends te bly. Ek sien juis die mode oorsee is nou tjoklit-kleure. En dié kleur is die bruinste bruin wat ek nóg was! Dis soveel meer natuurlik, en meer ek.

“Ek doen baie van my eie conditioning treatments sommer by die huis.”

Hou haar kinders van haar nuwe hare? “Hulle is mal daaroor. Kylie love dit, want nou lyk ek soos sy, terwyl Jordan graag met my hare speel en dit vleg.”

Volg Amor op Twitter

Wat sê die haarkapper?

“Amor het ‘n warm veltoon en haar blonde hare het haar verkeerde velkleur uitgebring,” sê haar haarkapper, Pieter Rossouw van Fashion Squared.

“‘n Mens moet nooit te ver weggaan van jou natuurlik basiskleur nie. Stick to what you are born with. Haar hare is nou sagter en meer subtiel.

“Ek het Davines se Medium Ash Copper Brown 5.14 as basiskleur gebruik. En Great Lengths se Copper Fashion Flow Strand-haarverlengings.

“Die dag toe ons dit gedoen het, kon ek dadelik sien haar vel lyk meer blosend, en hare het meer movement. Sy lyk jonger met haar donker hare. Mense dink hulle moet ligter gaan as ouer word, maar diepte en kleur is juis wat jy nodig het!”

Pieter Rossouw by Fashion Squared, Dainfern, Fourways. Tel. 011 469 4953

  • Estie Brink

    Kan noe minder omgee oor watter kleur haar hare is nie.

  • Zuby

    Amor looks so much happier since she has forgiven Joost. Forgiveness truly sets us free and makes us beautiful on the inside aswell as on the outside. So much love for her.

  • Liza

    Dit lyk onnatuurlik.

  • Shannon

    Amore jy lyk stunning!!!!

  • Marcia

    Lyk maar vir my dieselfde… niks korter nie.. net bietjie strepe… dis ook AL!

  • Nadine

    Ek is mal oor Amor se nuwe haarkleur. Ek gaan met hierdie einste foto’s volgende week haarkapper toe!!

  • Maggie

    Nee wat, sy moet begin besef sy word ouer en al probeer sy hoe hard, sy kan nie weer 20 lyk nie. Haar hare is te lank, en sy lyk al harder.

  • Elize

    Sy lyk pragtig!!

  • Cat

    Sarie, julle verloor julself. As ons die twak wou lees het ons Huisgenoot gekoop. Wie gee om watter kleur Amore se hare is?? Dit is nie eers haar hare nie, dit is vals hare. En hoekom moet Prinses Catherine se niggie, wat sy nog nooit ontmoet het nie, aan ons voorgestel word. Ken julle nie jul mark nie. Ek dink ek gaan eers bietjie by ander tydksrifte kuier tot julle weer julself is.

  • anereta roux

    amor kan nou maar haar hare korter dra,sy nie meer 20 nie,lyk al die jare dieselfde.

  • Marilize Brown

    Baie mooier as die ligter hare! Stunning!

  • Julie

    Amor lyk oud en daar is vir my geen verskil.

  • Amelia M

    Amor, jy was nog nooit ‘n gunsteling van my nie, maar jou hare lyk oe-la-la!!!! Baie mooi!!!

  • Erica

    Daar is nou net mooi niks aan haar nie.
    Glad nie ‘n fan van haar nie.

  • Rockmad

    Dis nie ‘n nuwe haarstyl nie. Dis net ‘n nuwe kleur.

  • CJ

    Wow hier is maar ‘n paar bitterbekke op die forum. As jy niks goeds het om te se nie bly dan stil. Regte "Keyboard Ninjas" Amor jy lyk pragtig en dit is die natuurlike kleur van jou hare.

  • Minolah

    Dis onnatuurlik, lyk soos die wat die swart meisies by die taxi rank koop! LOL!
    Jy kon maar net na enige taxi rank toe gegaan het, hulle sit dit in daar – en vir veel goedkoper…

  • Aletta

    Zuby, did she really forgive Joost or is that for her own sake, so she can get al the fans back ? I think also she is not 20 any more so please cut your hair shorter so you can look younger.
    ALETA

  • nicky

    Is dit ooit haar eie hare of is dit aangelas? Sy WAS lank gelede oulik.

  • Wally

    Amor lyk nou baie ouer (sowat 52 jaar!!)

  • MC

    Amor, dit lyk goed en ek sluit graag aan by wat Zuby se, ek vreeslik bly die strydbyl is begrawe vir jul albei se onhalwe en grootendeels die Kinders sin… My hart was so bly om na die fotos te kyk waar jul vakansie gehou het… En hier is ‘n versie vir jul,

    Die belangrikste dag van ons lewens is Vandag! die enigste ware stukkie lewe is nou!!! Wie te VEEL met gister se hartseer en more se " worries" lewe, kan ontdek dat die lewe by ons verby gaan. Pluk DIE dag as ‘n gawe van GOD.
    Sit ‘n oomblik stil en ervaar dit wat HY vir ons gee! Want hierdie dag kom "NOOIT" weer, na vandag is dit ewig verby, maar voor more kom, is GOD, ons Liewe Vader, reeds daar !! Wat ‘n vooreg om "SY" voetspore te volg!!!!!!

  • Anita

    Nee wat – sy is so aangeplak – Jordan wat met hare speel en vleg? Hy gaan nie rugby speel nie maar n mommies boy word. Dalk haarkapper. Sy is soooo oud op die fotos en die hare is so unatural!

  • piet

    Baie oulik

  • Mollie

    sjoe as julle nie van Amor hou nie,moet eder nie hier iets skryf nie,ek is ook nie n aanhangsel van haar
    nie,nog minder van aanplaksel op vrou’e se gesigte,die HERE het jou sonder makup gemaak,so waarom julle gesigte in kleur soos n Clown…wees asb natuurlik….en haar, Amor se persoonlike lewe
    het niks met julle uit te waai nie,kyk asb na julle eie lewe by julle huise,hoe is die vroutjies by die huis?
    kom ons vra die manlike geslag wat se julle van jul vroutjies?Maar ja, n klomp jaloerse katte die moet n mens oral kry.

  • ekke

    Amor bly ‘n Bitch. Sy dink net aan haar self.

  • Monica

    Ai Amor jou soek ook gedurig aandag! Dan is dit oor Joost en nou weer jou nuwe hare!! Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie,jy bly n windgat wat die Afrikaanse taal minag maar verwag ons moet jou cd’s koop.Ek wil nie eens n cd van jou verniet he nie!

  • deon marais

    het julle gesien hoe groot is haar hande.n vriend van my was op daai ou lotto spel jare gelede toe sy dit aangebied het. hy het groot hand maar hy se hare is groter as syne. baie manlik. ek wonder of sy haar hare afhaal in die aand. ag nee wat sny maar korter. jy lyk baie oud.

  • Lindy

    Ek sien net die weird rok! Ai sy sal ook enigiets doen vir aandag.

  • Minolah

    Ha-a, lykie mooi nie. Dis onnatuurlik, lyk soos die wat die swart meisies by die taxi rank koop! LOL! Jy kon maar net na enige taxi rank toe gegaan het, hulle sit dit in daar – en vir veel goedkoper…

  • Lientjie

    Ha-a, lykie mooi nie. Dis onnatuurlik, lyk soos die wat die swart meisies by die taxi rank koop! LOL! Jy kon maar net na enige taxi rank toe gegaan het, hulle sit dit in daar – en vir veel goedkoper…

  • Swanie

    Tog te lelik!

  • martie gagiano

    Amor jy lyk asemrowend Alles wat n vrou moet he, het jy!!! almal maak foute. ek ook.
    .Almal wat kommentaar lewe, is gewoontlik oorgewig,of versorg hulle nie self nie. Dit is hoekom hulle sulke vieslike kommentaar gee. nuwe omkeer in jou lewe maak van jou n beter mens om aan te gaan

  • walter

    Eerlike opinie ,sy lyk oud!.

  • Jenny

    Bietjie oordoen, lyk vir my na zebrastrepe.

  • Koekie

    Sy’t ‘n vet neus.

  • Pinkie

    Nou lyk ha neus nog groter!

  • Leonie

    Ai die bitterbekke – as jy nie iets goeds kan sê nie bly stil. Dit is ‘n weerspieëling van wat in jou binneste aangaan. Hulle sê mos waarvan die hart vol is loop die mond van oor! Amor jy lyk stunning!! Nie n dag ouer nie, en wat daarvan as jy jouself bietjie wil mooi maak – ENIGE vrou het maar daardie behoefte om so nou en dan anders te wil lyk as die normale.

  • Mellie

    Amor lyk stokoud! Ag nee genade weet jou haarkapper nie wat by jou pas nie en daardie lang toue wat so hang!!

  • Elizabeth

    Ek dink nie mens moet sulke laaaang hare dra as mens ouer word – dit lyk so na verbete teruggryp na jeug! Ek hou van die donker hare maar ek dink so medium bob – net onder die ken sal mooi en sag lyk vir haar. Net my opinie, sy moet doen wat vir haar werk!

  • Rio

    Ja Amor, jou bootjie het geseil en gesink. Next!!!

  • Yvette

    Nee wat, sny asseblief daai hare af !! Ooit gehoor van "less is more" !!

  • Hannelie Horn

    Sjoe maar hier is ‘n paar bitsige vrouens. Hoop nie julle is so by jul huise nie (jul arme mans)!! Nee magtie sy is mooi punt. En as sy haar hare lank wil dra laat sy dit doen, dit pas by Amor, sy lyk pragtig.

  • Thea

    Geen verskil. Waag kort . Sal stunning lyk en jou gesiigie meer beklemtoon.

  • sampie

    Lyk my jy en malema het ‘n kompetisie aan, wie die meeste en die beste comeback kan maak. Net as mens dink jy’s ontslae van hom, pop jy erens op, en anders om.

  • Lindie

    Sjoe , dit lyk pragtig. Laat haar 10 jaar jonger lyk! Dink ek moet ook so ‘n verandering maak.

  • Tersia

    Ek hou regtig hiervan. Stunning! Amor is sprankelend op enige manier maar die donkerder hare doen die ding.

  • Anita Visser

    Amor lyk pragtig, die lyf die hare sy mag maar, ek sou ook as ek sy was.

  • ANNEMARIE

    AG MAAK DIT SAAK WAT EN HOE JOU HARE LYK,IS DIT NIE DIE DIE BINNEKANT VAN N MENS WAT TEL NIE.SY IS PRAGTIG MET OF SONDER DIE KLEUR.

  • Natasha

    Weird dat die kommerntaar so verskil. Tipies jaloerse reaksies. Dit maak Amor net sterker. Amor het nie publisiteit nodig nie. Ek dink
    haar hare lyk stunning en sy lyk altyd stylvol. Geen wonder sy word altyd afgeneem met "red carpet events". By the way Sarie het haar genader.

  • Retha Grobbelaar

    Sjoe, ek kry skaam vir al hierdie gemene opmerkings. Dis so lelik as mense nie die son oor ander laat skyn nie. Hou tog op om so geniepsig te wees. Jou liggie gaan nie helderder brand net omdat jy iemand anders sin doodblaas nie. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor – en as ek so na hierdie kommentaar kyk, is dit maar duister. Sterkte Amor – hou aan om mooi na jouself te kyk.

  • Simone

    My eerste re-aksie was "Wow" dit is nou mooi, en dit bly my mening.

  • Johlene

    Shame julle trek die arme vrou uitmekaar! Jy lyk pragtig Amor!

  • Annette

    Genade! Kan die vrou nie net een taal op ‘n slag praat nie?

  • Tebra

    Eerstens is dit jou keuse hoe jy jou hare wil dra en Tweedens ander mense se opinie oor hoe jy moet aantrek, grimeer, hare dra en so aan. Volgens my is jy ‘n pragtige mooi versorgde vrou met pragtige hare.

  • Leslie

    Amor’s hair looks dry and very unnatural. Almost looks like a nylon wig. I preferred her lighter and wispy hair, she does not have that summer look about her any longer. I agree with some readers, a short style would be more suited. I am not a fan.

  • Lizette

    OORGenoeg van Amor gehad oor lang tye al dankie – skryf oor iets wat sinvol is en iets waraby ons vrouens almal kan baat of ten minste leersaam vind. Flou is flou.

  • Elsabe

    Ek verstaan nie die rok nie.
    Is die blou stuk lap ‘n deel van die rok?

  • hester kriek

    Ek dink eerlikwaar sy moet liewer met waardigheid aanbeweeg na die volgende fase volgens haar ouderdomsgroep aanbeweeg. Sy lyk bietjie desperaat om nog steeds aan die beeld van Amor in haar twintigs te bly klou – sexy klere wat steeds haar kurwes beklemtoon en die waterval van hare waarvan daar eenvoudig net te veel is – ek raak skoon kloustrofobies as ek daarna kyk.
    So bietjie afskaal en aanpas sal mense meer respek vir jou gee. Dis my opregte opinie, soms is die waarheid beter as komplimente wat mense tog nie bedoel nie.

  • Jessica

    Dit lyk regtig baie mooi, en dit pas jou Amor!

  • Jannie

    Jy is nie meer 16 nie gee liewer aandag aan Jou sterwende man as om die glamour girl te probeer wees

  • malissa

    amor jy lyk asemrowend met ju hare ek is 14 jaar oud n blas vel en donker hare wat verskriklik lank is e is n groot fan van jou en die wat nie iets moois te se het van jou ni moet biqi in die spieel gaan kyk en dan kan hulle sien wat is lelik !!!!!!!!!!! WEL MY KOMMENTAAR IS jy lyk rrg mooi en sal laaik om eendag soos jy te lyk!!!!!!!!!!!!!!!!en bob hare sal ju ni pas ni en die een wat gese het dit sal beter an ju lyk iss blind kort hare pas niemand ni !!!!!!!!!!!!igroneer die wat iets slags se j is n beeldskone vrou hou so aan!!!!!!!!!!!!!

  • Esme

    Ons stel regtig nie belang in haar doen en late nie; sy’s bietjie te aansitterig vir my.

  • Sandra

    Dir lyk maar nog net dieselfde! Glad nie ‘n nuwe styl nie!

  • Willem

    Amor jy lyk pragtig van daai tyd tot nou. Ek is mal oor jou
    Wonder hoe lyk die dame’s wat so kla.

  • Groenie

    Die negatiewe kommentators is seker perfek? Sies julle. Elke ou op sy eie perd.

  • Elize

    Baie borring !!! Sy lyk jare ouer -

  • Louis

    Aag shame.as julle klomp wat niks goed te se het oor iemand nie hou eerder julle bekke.plaas foto’s van julle dat ons kan sien hoe julle lyk.seker n klomp ou vaal, mense wat sleg lyk wat slegte kommentaar het.

  • Anet

    Ek het ‘n idee vir Sarie, almal wat so tipies platvloers kritiseer laat hulle vir ons fotos opsit waar hulle 41 jaar oud is of was. Nie gedokterde fotos nie maar eerlike duidelike vollengte en halflengte fotos. Iets se vir my nie een van die wat so kritiseer kom naby Amor se "beauty" op die ouderdom nie. Hoekom moet vroue hulle hare afsny na ‘n sekere ouderdom as kort hare nie deur iemand soos Hannon gedoen word dan lyk meeste korthaarstyle baie onvroulik en meeste mans hou ook nie daarvan nie!

  • Cindy Fick

    Amor jy lyk mooi…..

  • Nellie

    Dit lyk soos die hare wat hulle by die taxi rank verkoop.
    (Jy kon baie meer gespaar het!)

  • hester kriek

    Gaan sy op 50,,,60,,,70… nog so lyk – dis wat ek bevrees is gaan gebeur, en daar is niks so jammerlik soos ‘n ouer persoon wat verbete klou aan die styl wat haar in haar twintigs gepas het nie. Julle wat alles so goedkeur, weet ook nie aldag waarvan julle praat nie, daarom raak julle persoonlik oor die betrokke skrywers wat nie saamstem ne – julle blindelingse goedkeuring van enigiets wat sy doen beinvloed julle eerlike oordeelsvermoe.

  • Sol

    Malissa, jy is 14? En jy spel so swak? Nee man, gaan terug graad 2 toe en vergeet van jou bewondering vir Amor – leer liewers spel! Jou swak taalgebruik laat ook veel te wense oor!