amor1
Het jy gehoor?

Amor se nuwe styl + sy dra weer ring

SARIE.com het Amor by ‘n onlangse fondsinsameling-geleentheid van die J9-Stigting raakgeloop. In ‘n sexy swart-en-wit minirok en swart stewels was sy pal aan Joost se sy.

Die pragtige swart steen wat sy deesdae aan haar ringvinger dra is haar manier om haar ondersteuning en toewyding aan haar man, wat aan MNS ly, te toon, het sy vertel. “Ons het nooit amptelik geskei nie, ons is nog getroud. Ons dra trouringe om veral vir die kinders te wys mamma en pappa is daar vir mekaar.”

Die ring wat sy dra

Amor vertel sy het onlangs besluit om haar kenmerkende lang, ligbruin krulle vir ‘n korter reguit, donkerder, meer volwasse maar steeds sexy styl, te verruil.

Die sangeres het ook pas ‘n kontrak geteken by David Gresham Records om haar lanverwagte album op te neem, wat weens haar stormagtige verhouding en Joost se siekte op ys geplaas is.

Amor VittoneAmor en Joost

Die egpaar se kinders, Kylie en Jordan, het ‘n liedjie vir Joost op die album geskryf, het Amor gese.
Dis alles deel van versoening en ‘n nuwe hoofstuk in haar en Joost se lewe. Die album word na verwagting vroeg volgende jaar vrygestel.

Kry dié styl in die SARIE-winkel

RokFlat biker boot

Potloodrok van MarethColleen en plat motorfiets-stewel