Amor (met haar lang hare) saam met Joost en hul kinders, Jordan en Kylie
FOTO: Facebook

Amor (met haar lang hare) saam met Joost en hul kinders, Jordan en Kylie FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO’S: Amor Vittone se nuwe bob

Amor Vittone pronk deesdae met ’n sexy, korter kapsel! Die “Sprei my vlerke”-sangeres is by verlede week se Ghoema-toekennings met ’n blonde bob afgeneem. 

Dié besige ma van twee sê op sosiale media dat dié verandering lekker is: “A change is as good as a holiday,” het sy op Facebook geskryf.

Amor het haar aanhangers vir hul talle “mooi boodskappe en komplimente” bedank.

FOTO: Facebook  Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Vanessa Coetzee, een van Amor se Facebook-aanhangers, is gaande oor haar bob: “Pragtig! Jou hare lyk stunning!”

“Ek is mal oor jou nuwe haarstyl! Jy lyk asemrowend!” het ’n ander aanhanger, Marlene Leek Bailey, geskryf.

Amor het vroeër dié maand haar 43ste verjaarsdag gevier.

FOTO: Facebook  Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Lees ook