amor
Het jy gehoor?

Amor Vittone se nuwe musiekvideo

Die sangeres Amor Vittone het haar eerste musiekvideo, Alles Net Oor Jou, in 6 jaar bekend gestel.

Sy het vroeër vanjaar met SARIE se Marguerite van Wyk gesels oor haar nuwe album wat op pad is.

“Die album, wat later vanjaar verskyn, [met sowat 13 liedjies] se teikenmark is veral volwasse vroue, maar daar is baie mense wat daarmee sal identifiseer. Die musiek is eg, sensitief. Dit pas by ’n vrou van 40 plus. Ek noem myself deesdae grappenderwys die Desperate Housewife. Dis nie danserige musiek vir ’n teenybopper nie.”

Sy is baie opgewonde oor dié CD, want dit is ’n nuwe Amor, met ’n spirituele sy (nie gospel nie!) wat nog nie aan Suid-Afrika gewys is nie.

“Ek moes baie dinge deurmaak en danksy my geloof, familie, vriende, psigiater en aanhangers kon ek die stryd wen. Dié aanhaling is so waar: Everybody wants to ride with you when you are in a limousine, but when the limo breaks down, and you take a taxi, nobody is there . . .’’ 

Lees die volledige onderhoud: Amor Vittone: Nuwe, volwasse CD ná pynlike depressie

Hier is haar nuutste musiekvideo, Alles net oor jou

Lees ook