Het jy gehoor?

Amptelike Pretville-lokprent uit! Met Steve, Emo, Lizz en kie.

Pretville is ‘n klein dorpie in die laat 1950’s en die dorpie lê in die harte van alle Suid-Afrikaners. Hier is alles moontlik. Dis ‘n helder, kleurryke, swierige dorp soos wat jy nog nie gesien het nie, met ‘n asembenemende stel en kostuums, en ou motors wat die verbeelding aangryp. Pretville doen sy naam gestand en daar is altyd “pret” in Pretville – of is daar?

Margit Meyer-Rodenbeck

Die internasionaal bekende komponis en liedjieskrywer Machiel Roets, wat die afgelope 12 jaar in Londen musiekregisseur was vir baie pantomimes en musiekblyspele op die verhoog, het na Suid-Afrika teruggekeer om meer as 20 nuwe liedjies vir Pretville te komponeer. Hierdie liedjies is tipies van die jare vyftig.

Die klankbaan sal deur Coleske Artists uitgereik word.

Pretville-stel

Klik op die Pretville-Facebookblad vir meer, of besoek www.pretville.co.za

[box:full:pienk:both]

Kyk net die rolverderling!

Marlee van der Merwe (Serah Somers)
Eugene Jensen (Dawid de Wit), nuweling
Annette Engelbrecht (Ouma Sarie)
Emo Adams (Jakkie)
Jakkie Louw (Bennie)
Kevin Leo (Buks)
Lizz Meiring (Lollie le Roux)
Margit Meyer-Rödenbeck (Jakomien)
Nadia Beukes (Minnie)
Pieter Koen (Dr. Sylvester)
Reynardt Hugo (Jaap)
Rina Nienaber (Roeda Regyt)
Steve Hofmeyr (Eddie Elektriek)
Terence Bridgett (Pierre Lukuveer)
Willem Botha (Hennie Hakkel)
Carike Keuzenkamp (Gerda Geeverniet)

[/box]


  • gerda

    Dit lyk great, if Marlee van der Merwe nie pragtig nie!!!

  • Amanda

    Ek dink ons het baie sangtalent in SA, en ek is seker almal betrokke het die vervaardiging van hierdie musikale stuk werk baie geniet. Mense sal nuuskierig wees om dit te gaan sien. Nie seker hoe dit sal vaar nie.

  • Petro

    Dit lyk of dit regtig die moeite werd gaan wees om te kyk

  • Anita Jackson

    Dit lyk baie oulik, kan nie wag om dit te sien nie, Steve en Carike is my gunstelinge!

  • Nelia

    Oooh!! Dit klink heerlik! Kan nie wag om dit te sien nie!!

  • willem

    ek voel oor steve hofmeyr soos oor tiger woods. albei se rondslapery en kafoefelry oorheers hul loopbane en het gemaak dat mens hulle nie meer kan vertrou of enigsins ernstig opneem nie. willem

  • Amelia Klaasen

    As hierdie mense 2 jaar hieraan gewerk het , Kan dit net Baie goed wees……. Ek sal sorg dat my hele gesin dit gaan kyk!! As hulle nie ondersteuning kry nie gaan hulle mos nie weer vir ons sulke Films maak nie!!!