161401069
Het jy gehoor?

Amy Adams: ‘Om perfek te wees is nie normaal óf interessant nie’

Die pragtige rooikop-aktrise speel Lois Lane, die joernalis wat Superman se hart steel, in die nuwe Superman-film, Man of Steel. Maar volgens dié 38-jarige Oscar-benoemde aktrise, is haar voorkoms nie ‘super’ nie – en dit is hoe sy daarvan hou. Amy Adams sê in Allure se Julie-uitgawe:

Om perfek te wees is nie normaal nie, dit is ook nie interessant nie.

Amy Adams

Sy glo sy word maklik deel van ‘n skare, ondanks haar vlamrooi hare. “Ek het geen uitsonderlike gelaatstrekke sonder grimering nie … Ek is bleek en het blonde wenkbroue. Jy kan my gesig verf. En dít is baie goed vir wat ek doen.”

Amy Adams

Dié vermoë om in ‘n rol te verdwyn is die rede vir haar 4 Oscar-benoemings en ‘n Golden Globe-trofee. Sy het al in baie bekende rolprente gespeel soos Enchanted, Charlie Wilson’s War, Julie & Julia en The Master. Sy gaan ook Janis Joplin speel in ‘n film oor dié sangeres se lewe.  

Kyk hier na die lokprent van Man of Steel: