bennett_winehouse_dxc_zm3077134
Het jy gehoor?

Amy se laaste lied gou te hoor

“Body and Soul” is ‘n duet saam met die legendariese musikant Tony Bennett en sal as ‘n enkelspeler te koop wees.

Die wins uit die verkope sal gaan aan die Amy Winehouse-stigting – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat projekte ondersteun wat na aan Amy se hart was, soos siek kinders.

“Body and Soul” vorm ook deel van ‘n album, Duets II, waarop Bennet duette saam met onder andere Andrea Bocelli, Michael Buble en Lady Gaga sing.

*Duets II is vanaf 26 September beskikbaar.