Het jy gehoor?

Anastacia se dubbele mastektomie

Dié 45-jarige sangeres het onlangs ’n dubbele mastektomie ondergaan nadat sy vir n tweede keer met borskanker gediagnoseer is…

Anastacia, wat bekendheid met haar liedjie “I’m Outta Love” verwerf het, is in 2003 vir die eerste keer met borskanker gediagnoseer. Sy is vroeër vanjaar weer positief gediagnoseer en het intussen albei haar borste laat verwyder.

Anastacia is tans in remissie en het besluit om die nuus van haar dubbele mastektomie eers onlangs bekend te maak as deel van Borskanker-bewustheidsmaand. “Ek is vroeër vanjaar vir ’n tweede keer met borskanker gediagnoseer en is tans in die finale herstelfase nadat ek ’n dubbele mastektomie ondergaan het,” het sy  aan Daily Mail gesê.

“Dit was ’n rowwe tyd, maar ek voel goed en is reg om die volgende hoofstuk in my lewe aan te pak.”

Bron: Daily Mail