sr1106lewedinge_3_
Het jy gehoor?

André Odendaal oor Hartland

Hoe oud is jy?
50. Ek weet ek lyk 30, maar ek is 50.

Het jy dadelik begin toneelspeel toe jy klaar geswot het?

Onmiddellik. Dit was in 1984.

En jy was al 49 toe jy regtig beroemd geword het?

Die roem en sukses het op ’n laat ouderdom gebeur, ná 28 jaar in die bedryf. Ek was so af en toe op TV, maar ek het meer gewerk as verhoogakteur. Nou maak jy ’n comeback.

Hoe het jy dit gedoen?
Ek het dit nie verwag nie. Deon Opperman en ek het vir baie jare saamgewerk. Toe bel hy my op ’n dag en sê hy het ’n rol vir my in Getroud met rugby. Dit was my karakter Botha wat my bekend gemaak het.

Hoekom het mense so baie van Botha gehou?

Hy was eerlik en kon goed doen en sê wat ’n mens nie sommer kan doen nie. Sy ongewoonheid
het hom so gewild gemaak.

Dis soos Tant Stienie van Agter elke man. Ek dink mense word gefassineer omdat hulle bang en terselfdertyd dankbaar is dis nie húlle wat só lewe nie.

Ja, dis ook so.

Speel jy weer die skurk in Hartland?

Nie regtig nie. Adriaan, my karakter, is anders as Botha. Botha het nie geld nie en Adriaan wel. Ons is maar slagoffers van ons omstandighede.

  • Liesl

    hy lyk regtig goed vir "50"

  • Elize

    Andre is my gunsteling akteur……………….hy leef hom so in die rol uit!!! Kan met tye ook erg snaaks wees…………..sal graag meer van hom op die kassie wil sien!

  • juanita

    wanneer begin hartland

  • Nina

    Hy is baie aantreklik – baie meer as Botha (Getroud met Rugby)… Hoop ons sien jou nog baie op die kassie!

  • Elize Verwaaij-Mare

    Andre jy rock, my vriend Neels Spies van Middelburg, Mpumalanga is ‘n weergawe van jou………..ek spot hom altyd as ek hom sien met "hello Botha Botha Botha""