Het jy gehoor?

Andrew Thompson maak fliek klaar kort voor dood

’n Span van SARIE het Andrew twee weke gelede, op Maandag 27 Februarie, gesien toe drie van ons die stel van die nuwe Afrikaanse fliek Verraaiers besoek het. Andrew, wat die rol speel van Henry Ahrens, ’n Boer in die Anglo-Boere-oorlog, het dié dag sy 26ste verjaardag gevier en almal op stel het nog vir hom gesing.

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê Andrew was ’n baie saggeaarde, sensitiewe en kreatiewe mens. “Sy voete was vas op die aarde. Hy’t nooit sy opgang kop toe geneem nie.”

Sy dood beïnvloed nie die verfilming van Verraaiers nie, want verfilming is reeds op Vrydag 2 Maart voltooi, sê Gizela Arndt, publisiteitsbeampte vir Verraaiers. “Dit is ’n groot skok vir die hele vermaaklikheidsbedryf en dis vir ons ’n reuse-verlies om so ’n briljante akteur en vriend te verloor,” sê sy. “Ons het geen aanduiding wat daartoe kon lei nie.”

Andrew was vir ’n SAFTA (South African Film and Television Awards) benoem vir beste ondersteunende manlike akteur in die fliek Roepman. Hy het die rol van Hein vertolk. ’n Vriendin het op sy lyk afgekom toe sy hom Saterdagaand wou gaan haal het om saam na die toekenningsaand te gaan.

Hou sarie.com dop vir nog foto’s van die Verraaiers-stel

  • Margaret Schoeman

    Dit is met skok dat ek van Andrew Thompson se dood verneem het. Hy was ‘n goeie akteur en ek kon in sy oe en aan sy mond sien dat hy ‘n sagte siel was. My hart gaan uit na sy familie.

  • Elize Verwaaij-Mare

    Ons harte is baie seer oor Andrew!

  • Lindie

    Dit is tragies. En verskriklik vir die wat agter Bly, die vrae wat nie beantwoord gaan word tot en met die hiernamaals nie.

    Innige simpatie vir die familie en spesifiek vir sy ouers. Ek bid dat julle eendag sal rus en vrede vind.

  • Fonnie Smit

    Die totale gebrek aan werksekuriteit en doelgerigte politieke ondermyning wat blanke kunstenaars deurlopend ervaar moet eiwers sy slagoffers begin eis. Al my simpatie aan sy geliefdes kollegas en konkurente. Sterkte met die pad vorentoe. Onthou niks gaan ongesiens verby nie. Jou bydrae help om van die wereld ‘n beter plek te maak.
    Liefde groete

  • Anita Carstens

    dit is hartseer verby.. so veel talente ne hy was n susesvolle akteur in ons land. Dit is sad dat die mense naby aan hom nie besef hy het hulp nodig nie. sy uitroep vir hulp was so groot dat dit eindelik te laat was.

  • Amelia

    O die pyn-gedagte :- Totius

    O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .
    dit brand soos ‘n pyl in my.
    Die mense sien daar niks nie van,
    en die Here alleen die weet wat ek ly.

    Ons bid dat die Heer Sy Groot Genade sal uitstort oor Andrew se familie in hierdie moeilike tyd.

  • AMANDA

    DIT IS SO JAMMER DAT HY NIE MET IEMAND GEPRAAT HET NIE.
    SY DOOD KON VOORKOM GEWEES HET
    MY INNIGE SIMPATIE MET ALMAL WAT HOM GEKEN HET

  • John-Henry Opperman

    Ons gaan hom mis.

  • Dean Grobbelaar

    Absoluut tragies, so baie jong mense om my en veral in die toneel werêld is so depressief, wat gaan aan? Waar kan die mense regtig regte hulp kry voor dit te laat is. R.I.P. Baie sal jou mis.

  • Truida Redelinghuys

    My hart is baie seer vir sy ouers. Dis verskriklik om n kind te verloor. Mag almal wat vir hom lief was, vrede ontvang Rus sag Andrew

  • Anoniem

    Baie hartseer om te hoor van die akteur se selfmoord! Ekt vanoggend my dogter ingeneem hospitaal toe nadat sy pille gedrink het. Ek is geseend dat ek nog my dogter by my het. Innige medelye met Andrew se familie.

  • Sallie Pretorius

    Jy kan tussen baie mense nog steeds eensaam wees. Wat in Andrew se gemoed aangegaan het sal net hy weet. Mag niemand ooit dieselfde pyn beleef wat aanleiding gegee het tot die stap nie. Dankie Andrew wat jy beteken het vir Afrikaans en hoe jy ons vermaak het.

  • Marietjie de Jager

    Dit is ‘n groot skok vir my gewees. Hy was ‘n uitsekende akteur, veral in Roepman en Mollie en Wors. Ek bly net dink aan sy familie. Dit is ‘n moeilike tyd wat vir hulle wag. Sterkte vir hulle!

  • Elaine Viviers

    Ai dis hartseer en nog so jonk! Hy was so suksesvol wat kon vekeerd geloop het? Vrae wat altyd on-beantwoord sal bly dis die seerste! Sterkte an sy familie wat agterbly en die hartseert moet face!

  • Marlene Botha

    RIP Andrew. Jy sal onthou word as die kind uit ‘n gebroke huis in Molly en Wors. Jy het ons lekker laat lag en ons gaan jou altyd onthou. Sterkte aan al die familie mag God julle vrede gee. My sus het dit ook gedoen en ek weet waardeer sy familie gaan. Moenie antwoorde soek nie, berus in sy besluit dan is die heling nie so bitter seer nie. God seen julle xx

  • Elzabe Meintjes

    Dis sinneloos te se dit kon voorkom gewees het.As iemand soiets wil doen, gaan hy dit uiteindelik doen, ongeag of hy hulp gekry het. Sterkte aan die ouers wat altyd gaan wonder hoekom.

  • Pieter

    Ons gaan jou mis jou Rubish van Rooyen. Jy was wel in Mollie en Wors uit jou ma se huis gejaag, maar troos jou daarin dat jy nou veilig in die huis van die Here is. Ons wat agterbly weet nie wat werklik jou probleem was nie, maar Jesus sal verstaan. Rus in vrede ou maat.

  • Venter

    Ons gaan jou mis – jou rubbish!!

  • Meisie Rademeyer

    Ai ou Rubbish ons gaan jou verskriklik mis. Veral in Molly en Wors. Wens ek het geweet wat jou so desperaat gemaak het. Wat dit ook al was ons almal was baie lief vir jou. Jou was deel van ons huishouding. Rus in vrede.

  • AMANDA

    My kinders wil nou nie eers meer MOLLIE EN WORS kyk nie. Dit is verskriklik hartseer en ons dink aan sy ouers en suster en familiae in die donker tyd.

  • Anoniem

    Net Andrew sou weet wat sy rede was…..ten minste is hy nou veilig by Jesus waar hy hoort

  • Wally

    Jesus gee om vir jou!!

  • Chrissie

    Het n paar van ons dit nie ook al oorweeg nie? Ek het!! Vir Andrew se familie wil ek se: Moenie julle self
    verwyt nie, sommige mense dra hartseer vir hulle self en wil nie ander mense daarmee opsaal nie, die
    wereld het genoeg hartseer en verdriet. Andrew rus nou saggies op Liewe Jesus se skoot. Berus in die wete
    dat almal eendag weer versoen sal raak met mekaar in die Nuwe Jerusalem en dat die EWIGE lewe vir ons wag!! STERKTE!!!!

  • Ans

    My innige simpatie aan sy ouers, meise en die bree familie en vriende. My gebede gaan uit na julle almal. Sterkte. Die liewe Vader sal julle deur dra. (Windhoek, Namibie)

  • Yvonne het gese

    Ek is so harsteer vir hom en sy familie. My suster HET OOK sONDAG 11 Maart 2001 haar lewe geneem en ek huil nog elke dag oor haar en die wat swaar kry oor sy dit gedoen het. My gebede is saam met almal wat hom geken het en almal wat naby hom was.

  • Helien

    Baie baie hartseer.

  • Charon Walkerley

    Van Rooyen!!! Jou Rubbish!!!! ————-> Jy laat ‘n leemte in die vermaak bedryf! :'( Jy’s ‘n awesome rolmodel, IS en nie WAS nie! VERALTYD!!!! ?

  • Riana van Pretoria

    Mense wat selfmoord pleeg en nie eers die "ordentlikheid" het om ‘n brief agter te laat sodat hulle geliefdes ten minste weet HOEKOM nie maak my woedend. Maak nie saak hoe depressief jy is (waarvan daar geen teken by hom was nie) of hoe erg jy dink die lewe druk nie – daar is altyd ‘n ander uitweg as om almal wat agterbly so te straf met jou selfsugtige daad.

  • Val Minnaar

    Baie sterkte vir Andrew se familie en vriende! Ons bid dat die Here sy hand oor julle sal hou in hierdie tyd!

  • Elaine Jansen-Kempton Park

    My innige simpatie aan Andrew se ouers,familie en vriende. Hy sal waarlik gemis word! Glo aan die Liewe Heer wat sy hand oor Andrew hou. Onse Vader sal jul deur die hartseer tyding dra.

  • PETRA

    STERKTE AAN FAM DIE HERE SAL JUL TROOS ONS IS NIE DAAR OM TE OORDEEL.

  • Rina Scheidle

    Vir wie gaan Blapsie nou haar "rubbish" noem en wie gaan nou Charmaney Verwey se tone suig en so onskuldig lyk tot sy beste dikgat vriend se verontwaardiging …… daar was baie meer seer agter sy woorde dat hy uit ‘n gebroke huis uitkom …… almal het "gehoor" maar niemand het "geluister" nie. Rus in vrede ….. jy was die beste rubbish en sou ‘n goeie ouboet gemaak het …… "se hom Wors"!!

  • Alet Germishuys

    Dis met groot skok en hartseer dat ons moet afskeid neem van Andrew sal altyd sy rol in molly en wors onthou . Ons dink aan sy familie en weet die Here is met hulle.

  • Byron

    @Fonnie Smit dit is jammer dat jy die oorsaak van Andrew Thompson se dood ‘n politieke geurtjie gee. Ons was bevoordeel om vir ‘n breukdeel van sy lewe sy talente te ervaar en dit is wat ons moet onthou. Rus in Vrede Andrew Thompson.

  • HESTA DE JAGER

    DIS BAIE SAD OP SO N JUIGDIGE OUDERDOM, SAL JOU BAIE MIS “JOU RUBISH“ VIR ONS WAS JY GOUD WERD EN VIR JESUS DIAMANTE. RIP

  • Anoniem

    Dis baie hartseer dat hy so iets gedoen het! My innige simpatie met sy ouers, familie en vriende!!! Tog weet ek baie goed hoe depressief hy moes gewees het!!! Dis net die Here se genade dat ek nog nie so iets gedoen het nie!!!

  • Pikkewyn

    My hart is oneindiglik baie seer. Dit pla my so vandat ek die nuus gehoor het. Dis asof ek hom so goed geken het. Ek wens dit kon anders wees. Maar ek glo dat hy nou gelukkig is. Net hy alleen sal weet waarom en hoekom hy dit gedoen het. Alle sterkte aan al sy geliefdes. Ons gaan jou bitter mis!!! Liefde, XXX

  • WENDY ROBINSON

    Dit is altyd tragies as iemand sy/haar eie lewe neem, maar dit is vir my soveel erger as ‘n jong persoon met soveel potensiaal besluit het die lewe is te erg! Ons gaan nooit die antwoorde he nie, maar ons kan sy ouers opdra aan God. Rus in vrede Van Rooyen

  • Mara-lee

    Sal jou nooit vergeet nie – Jy was my hero! Soveel talent! Ai Andrewkie….my hart is sommer baie seer !

  • Lorraine

    Altyd baie hartseer as iemand tot so ‘n drastiese stap oorgaan. Dit loop saam met ‘n persoonlikheid en is baie keer mense wat nie vir hulself aanvaarbaar is nie, perfeksioniste wat te hoë standaarde aan hulself stel, nie mense wat met alles te koop loop nie. Kom ons gun hom sy besluit en weet dat hy goed hieroor gedink het. Hy was seker baie eensaam en min mense het geweet wat in sy gemoed aangaan. Baie sterkte aan almal wat agterbly maar weet ook dat iemand iets hieruit sal leer. Selfmoord is soos enige ander sonde vergeefbaar en ons weet dat hy dit sou opneem met die Here voordat hy tot die daad oorgegaan het en as hy geglo het is sy sonde vergewe. Kom ons raak stil hieroor sodat mense nie verder seerkry nie en respekteer almal wat belang by hom gehad het. Sterkte vorentoe

  • Marian Annandale

    Andrew ek bly wonder hoekom hoeveel te meer moet jou geliefdes nie ook wonder hoekom nie Rus jou siel sag by Jesus tot weersiens Jy was jou moeder se groot trots en liefde en haar dierbare kind mag veral sy berusting vind.

  • Anoniem

    Geen nota? Hang? Eers ‘n dag later gevind? Die rolprente wat nou begin skiet? Jou awesome plan met Ratels? Jy was dan so opgewonde oor die toekoms!?! Dit maak nie sin nie. Wens so dit is net ‘n aaklige droom of ‘n siek grap.x

  • Majieks

    Ek kyk nog gisteraand vir Molly En Wors en die wete dat Theunis nie meer leef, maak die storie soveel anders. Mag sy siel rus.