Andriëtte Norman
Het jy gehoor?

Andriëtte Norman se goeie nuus

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman se album Pêrel vir ’n Kroon, wat einde Julie bekend gestel is, het goue status bereik. 

Sulke nuus verbaas haar duisende aanhangers glad nie: “Sjoe! Jy is darem ’n mooi mens, net soos jou musiek,” het een op haar Facebook-blad geskryf. 

Die 29-jarige blondine, wat vroeër dié jaar getrou het, is alewig aan die gang. Sy het onlangs ’n dekor-reeks op die been gebring en haar nuwe enkelsnit, “Bittersoet van Liefde” is ook ’n treffer.

Kyk hieronder na Andriëtte se Pêrel vir ’n Kroon-musiekvideo wat reeds meer as 70 000 keer gekyk is.

Baie geluk, Andriëtte!

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!