Het jy gehoor?

Andriëtte Norman se wittebroodfoto’s

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman het die afgelope naweek getrou. Sy wys so paar foto’s van haar en Glynn se trots-Suid-Afrikaanse wittebrood. 

Hulle het net vier dae gehad vir wittebrood, en was dus nie ver van die huis af nie. Hulle het onder meer Elgin, Greyton en Franschhoek in die Wes-Kaap geroad-trip waar hulle staproetes gedoen het en die pragtige uitsigte geniet het.

Sy het op haar Facebook-blad geskryf dat mens nie verder as Suid-Afrika hoef te toer vir ’n lekker vakansie nie.

Uit en tuis het sy die volgende te sê gehad: “Een laaste stop: My man … en hier wil ek ewig vertoef want hier is dit te lekker vir woorde!”

Lees ook