FOTO Instagram  @andymurray

FOTO Instagram @andymurray

Het jy gehoor?

Andy Murray se vrou is swanger met hul eersteling

Die Britse tennisspeler Andy Murray en sy vrou, Kim Sears, verwag hul eersteling! Dié nuus is deur Andy se agent ná Kim se 12-week ondersoek bevestig, berig Hello!

Die paartjie is op 11 April vanjaar getroud, so dié pienkvoet is heel moontlik ’n wittebrood-baba.

Andy en Kim gaan al 10 jaar uit en is steeds dolverlief. Hy het vanjaar die Madrid-meesterstoernooi gewen en ná sy oorwinning spottenderwys “marriage works” op een van die kameras se lense geskryf. Die huwelik doen hom duidelik goed, want hy het by die Franse Ope én Wimbledon tot die halfeindstryd deurgedring.

Team Murray gaan in die volgende tennisseisoen heelwat groter wees, aangesien sy afrigter Amelie Mauresmo ook eersdaags ma word.

A photo posted by Andy Murray (@andymurray) on

Geluk, julle!

Bron: Hello!