andy roddick
Het jy gehoor?

Tennisspeler Andy Roddick word pa

Die bekende tennisspeler Andy Roddick en sy vrou, die aktrise Brooklyn Decker, se eerste baba is verlede Woensdag gebore, berig People.

Hulle het in Mei vanjaar aangekondig dat Brooklyn swanger is.

So this happened… #the3ofus

A photo posted by Brooklyn Decker (@brooklyndecker) on

Hoewel die paartjie gereeld foto’s van die swangerskap op sosiale media gedeel het, is die geslag of naam van die baba nog nie bekend nie.

Brooklyn het vroeër vanjaar aan E! Entertainment se Giuliana Rancic gesê sy het baie goed gevoel tydens haar swangerskap.

Die paartjie is in 2009 getroud.

Lees ook