FOTO Ivan Naudé

FOTO Ivan Naudé

Het jy gehoor?

Anel en James Alexander: Hallo, Hollywood!

Die akteurspaartjie Anel en James Alexander het Suid-Afrika vir nou gegroet en na die glinsterstad van Los Angeles vertrek.

Anel het die nuus op haar blog gedeel. Lees die volledige inskrywing hier.

In SARIE se Maart 2013-uitgawe het Anel en James reeds hul groot drome gedeel.

Hier volg die uittreksel:

Hy wil ’n Oscar wen, sy in ’n Broadway-vertoning sing en dans. Hulle wil oorsee gaan werk en leer … En dan is daar nog al die wonderlike flieks wat hulle saam wil maak.

Dié twee dromers is al 13 jaar getroud en maak beslis ’n goeie span.

“Ons vaardighede balanseer mekaar. Albei van ons het ’n passie vir toneelspeel, maar James sien homself meer as ’n akteur. Ek is die sakebrein en hy die ideesmens; hy is die dromer en ek die doener,” het Anel destyds aan SARIE vertel.

FOTO: Facebook

FOTO Facebook

Vir albei is hul huwelik belangrik.

“Ons huwelik is belangrik en ons doen wat ons kan om dit te beskerm. Reg van die begin af het ons ’n punt daarvan gemaak om met mekaar oor alles te gesels, om die klein jakkalsies uit te roei. Ons praat elke dag met mekaar oor wat gebeur het, al is dit doodgewone goed. Ons gaan stap met ons honde in die park, gaan eet uit of gesels in die bed. Wanneer ons weg van mekaar af werk, bel ons mekaar. James sê graag hy wil eendag ’n Oscar wen, maar hy wil dan ook kan dankie sê vir sy vrou wat daar in die gehoor sit.”

Vroeër vanjaar in SARIE se Maart 2016-uitgawe het Anel gesê dat sy geen geheim daarvan maak dat hulle die perfekte lewe lei nie.

“Ons werk baie hard aan ons verhouding. Dit kom nie vanself nie en is ’n keuse wat jy elke dag maak.”

James en Anel Alexander  FOTO: Phyllis Green

James en Anel Alexander
FOTO Phyllis Green

Hulle stel mekaar altyd eerste.

“Ons stel ook mekaar eerste, vóór die publiek. Ek het geleer om nee te sê, al interpreteer mense dit soms dat jy dink jy’s beter as hulle. Ek is nie, maar my man wat in die kar sit en wag, is belangriker as die 38ste mens wat met my kom gesels in die winkelgang met bevrore voedsel!”

Twee dromers, ’n gedugte span en reg om Hollywood te verower, stappie vir stappie.

Lees nou

Elvis Blue speel in nóg ’n sepie

4 maniere om jou parfuum te rek

Kate Middleton laat die koppe draai – al weer!