Anel Alexander

Anel Alexander

Het jy gehoor?

Anel Alexander neem haar nuwe fliek Cannes toe

Anel Alexander gaan haar nuutste fliek, Sink, by vanjaar se Cannes-rolprentfees in Frankryk bemark.

Sy kan dit doen danksy die finansiële ondersteuning van SA se departement van handel en nywerheid (DTI). “Die fliek is nog nie klaar nie, maar ek neem ʼn promosie-pakket met uittreksels uit die fliek en foto’s om dit aan ʼn internasionale verspreider te verkoop.”

Indien Sink verkoop word, kan dit volgende jaar by Cannes en selfs ook by ander internasionale filmfeeste vertoon word. “Ek gaan dus om besigheid te doen by die filmmark én om die fees by te woon nie,” het Anel aan Fanie Cronjé vertel.

Sink is deel van ʼn verskeidenheid plaaslike films wat deur die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) vir bemarking by Cannes gekies is omdat dit die potensiaal het om internasionaal te presteer.

“Daar is ʼn hele paar van ons wat gaan. Ek en nog vervaardigers,” sê Anel. Onder andere gaan haar jarelange vriend en kollega, Nico Panagio, en hul vriend Louw Venter saam.

Anel vertrek op 12 Mei en SARIE.com sal jou op hoogte hou van haar doen en late by die Cannes-fees.

Sink Art Work