facebook_4
Het jy gehoor?

Anel en James Alexander se fliek kry internasionale kontrak

Hulle rolprent Discreet het ‘n internasionale verspreidingskontrak deur ‘n Amerikaans maatskappy gekry. Dié maatskappy het ‘n kontrak geteken om die fliek wêreldwyd uit te reik buiten in Afrika waar Ster-Kinekor die regte het.

Dié maatskappy gaan wêreldwyd teater-, DVD- en TV-vrystellings bewillig op plekke waar hulle meen dit goed sal doen.

“Die maatskappy is nou betrokke by Wallmart, een van die grootste winkelgroepe in die wêreld. Hulle kan niks waarborg nie, maar hul glo hulle kan Discreet versprei. Dis maar ‘n vrek lang proses en so min SA flieks kry dit reg om in die buiteland versprei te word, maar ons hoop vir die beste!”

James en Anel se maatskappy, Scramble Productions, is klaar besig met hulle volgende fliek met die werkstitel Semi-Soet. Dis ‘n romantiese komedie wat grotendeels op ‘n wynplaas afspeel.

“Ek kan nog nie veel daaroor sê nie, want daar is nog ‘n paar groot beleggers en borge wat nog nie bevestig is nie. Ons hoop om Januarie 2011 in pre-produduksie in te gaan en skiet Februarie en Maart daaraan.”

Tot dusver is Nico Panagio en Anel bevestig as die hoofrolspelers. Sandra Vaughn skryf die draaiboek en Heinz Winckler gaan die titelliedjie skryf.

“James sal ook daarin ‘n rol hê en as Diaan Lawrenson se versorging van haar baba en haar skedule by 7de Laan dit toelaat, gaan sy ook aan boord kom.”

Maar dis nie al nie! Scramble Productions het nog vier flieks wat hulle in die volgende drie jaar wil skiet.

Exciting times!” soos Anel sê.

FOTO’S: Yolandi Jacobsz hert hierdie reeks pragtige foto’s van Anel geneem.

  • Helena

    Ek is mal oor die photos!!

    Yolandi Jacobsz is so goed en sy het Anel se prag vasgevang

  • Tania

    Ek sal so graag in ‘n fliek wil speel. Waar word oudisies gehou en waar gaan die flieks geskiet word?

  • Lanel

    Yolandi se foto’s is soos altyd, FAB!

  • Saki

    Sjoe, pragtige fotos!!

  • http://www.thespiritsets.co.za/ Yolandi Jacobsz

    Dankie vir die mooi kommentaar, ek waardeer dit so…..sy is ‘n pragtige vrou, en was ‘n goeie model.

  • http://imphcpwluhwq.com/ fbvvmuprty

    3vmAqc wwjzkwytjqoj, [url=http://fdjptsnapnes.com/]fdjptsnapnes[/url], [link=http://ydnopktkonyy.com/]ydnopktkonyy[/link], http://ktoqzqbuckeh.com/