FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Anel se ‘Sink’ gooi ankers in Atlanta

Anel Alexander se rolprent Sink bereik verdere hoogtes. Dié keer is dit deel van die amptelike seleksie by die Atlanta-rolprentfees, wat van 1-10 April in VSA gehou gaan word.

Sink was een van die eerste 6 films wat aangekondig is om deel van die amptelike seleksie van dié rolprentfees te wees.

“Dit was ongelooflik. Om uit 4 750 inskrywings gekies te word is ’n groot voorreg. Dis ’n big deal.  het Anel aan Fanie Cronjé gesê.

Sink is gebaseer op Brett Michael Innes se roman Rachel Weeping. Hy behartig ook die regie van die film. Dit handel oor ’n Mosambiekse huishulp wat in Johannesburg werk en wie se dogtertjie tragies sterf onder die toesig van haar werkgewer. Omstandighede vererger wanneer sy uitvind haar werkgewers verwag hul eerste kind.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Anel sê sover sy weet is dit die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film wat by dié fees gewys gaan word. “Ons het nou begin om Sink in te skryf vir baie internasionale rolprentfeeste. Atlanta was die eerste een wat ons gekeur het.”

Screen Shot 2016-01-14 at 9.45.02 AM

FOTO: Verskaf

Verlede jaar het Anel haar film by die gesogte Cannes-rolprentfees in Frankryk gaan bemark. Die fliek was toe nog nie klaar nie, maar sy het ʼn promosie-pakket met uittreksels uit die fliek en foto’s gevat.

Sink word op 18 Maart in Suid Afrika uitgereik.

Kyk die lokprent hier:

Lees ook