Het jy gehoor?

VIDEO: Angelina: “Ek lyk al meer soos my ma”

“Ek’t nog altyd gedink my skoonheid is nie tradisioneel nie, en nou soos ek ouer raak, lyk ek soos my ma.”

Angelina het met trane in haar oë oor haar ma, Marcheline Bertrand, gepraat. Haar ma is in 2007 aan kanker oorlede.
“My ma was ‘n voltydse ma. Sy’t nie veel van haar eie lewe, haar eie loopbaan, haar eie lewenservaringe gehad nie. Als het oor haar kinders gegaan, ek sal nooit so ‘n goeie ma soos sy wees nie. Sy was die vergestalting van genade. Sy was vrygewig en liefdevol, veel beter as ek,” het Angelina erken.

“Solank Brad dink ek is mooi, wil ek wakker word soggens en ‘n beter mens wees. Dít is ook wat ek my dogters leer,” het sy gesê.

KYK DIE VOLLEDIGE 60 MINUTES-ONDERHOUD HIER: